Tuesday 30 December 2014

31 Desember 2014

Psalm 121 : 1-2  Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

Aan die einde van 2014 wil ek jou herinner waar jou hulp vandaan kom.  Mag 2015 vol vreugde en voorspoed wees en mag Jesus Christus die kern van jou bestaan wees. 

Monday 29 December 2014

30 Desember 2014



Psalm 33 : 20  Ons vertrou op die Here: Hy is ons hulp en ons beskermer.

Sunday 28 December 2014

29 Desember 2014

Psalm 143 : 8  Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig.

Tuesday 23 December 2014

24 Desember 2014

Matteus 2 : 1  Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom


Mag jy 'n ware Christusfees ervaar.  Geseende Kersfees.

Monday 22 December 2014

23 Desember 2014



Jeremiah 31 : 25  Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.

Sunday 21 December 2014

22 Desember 2014



Jeremiah 31 : 25  Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.

Thursday 18 December 2014

19 Desember 2014

1 Filippense 4 : 6  Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

Wednesday 17 December 2014

18 Desember 2014

1 Thessalonicense 5 : 18  Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

Tuesday 16 December 2014

17 Desember 2014



Josua 1 : 9  Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

Sunday 14 December 2014

Vakansietyd

Noudat die vakansie seisoen aangebreek het, gaan ek nie van jou vergeet nie, maar ek gaan net elke dag vir jou 'n teks stuur om jou te bemoedig.

Die dagstukkies sal weer op 19 Januarie 2015 hervat.

Deuteronomium 31 : 8  Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

Thursday 11 December 2014

I'm drinking from my saucer

I've never made a fortune, and it's probably too late now. 
But I don't worry about that much, I'm happy anyhow
 
And as I go along life's way,
 
I'm reaping better than I sowed.
 
I'm drinking from my saucer,
 
'Cause my cup has overflowed.
 

Haven't got a lot of riches,
 
and sometimes the going's tough
 
But I've got loving ones all around me,
 
and that makes me rich enough.
 
I thank G
OD for his Blessings, 
and the
Mercies HE's bestowed. 
I'm drinking from my saucer,
 
'Cause my cup has overflowed.
 

I remember times when things went wrong,
 
My faith wore somewhat thin.
 
But all at once the dark clouds broke,
 
and the sun peeped through again.
 
So L
ORD, help me not to gripe, 
about the tough rows I have hoed.
 
I'm drinking from my saucer,
 
'Cause my cup has overflowed.
 

If G
OD gives me strength and courage, 
When the way grows steep and rough.
 
I'll not ask for other blessings,
 
I'm already
Blessed enough.

And may I never be too busy,
 
to help others bear their loads..
 
Then I'll keep drinking from my saucer,
 
'Cause my cup has overflowed.
 

Wednesday 10 December 2014

Dit staan op die punt om te gebeur



Jesaja 43 : 19  Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.

Waarop wag jy?  Wag jy vir uitslag op toetse, vir bevordering, vir iemand spesiaal in jou lewe, vir ‘n deurbraak in jou besigheid, vir verandering…?  Wel, ek het nuus vir jou!  Vandag is jou groot dag.  Vandag is die dag dat dit waarop jy so lank wag, gaan realiseer.  Ek glo God gaan vandag groot dinge in jou lewe laat gebeur.  Dis opwindend, ne?

Let op na die vers:  “dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom”.  Dis ‘n uitgemaakte saak.  

Ongelukkig fokus ons so dikwels op die onmoontlikheid van die situasie, dat ons nie kan glo dat God die onmoontlike kan vermag nie.  En daarom mis ons dikwels uit op seëninge.  Dis tyd dat ons, ons geloof toets en onsself herinner aan Sy beloftes.  Te midde van jou omstandighede, verklaar dat God in beheer is.  Verklaar dat vandag die dag is waarop jy al so lank hoop en vertrou… en glo, soos ‘n kind, dat God jou situasie vandag nog gaan omkeer.  Sien dit voor jou geestesoog… dis op die punt om te gebeur.

Tuesday 9 December 2014

Die bergklimmer



Eksodus 9:2  As jy weier om hulle te laat gaan en hulle bly vashou,

Daar word vertel van ‘n bergklimmer wat gedroom het om Aconcagua uit te klim en na jare van droom en voorbereiding, uiteindelik gereed was vir die groot dag.  Hy wou egter alleen die glorie beleef, daarom het hy besluit om alleen te klim.  Hy’t begin klim en so het die dag aangestap en dit het al later en later geword.  Hy’t nie voorberei om te oornag nie, en daarom voortgeklim.

Binnekort was dit stikdonker.  Hy kon skaars sien.  Alles was swart.  Daar was geen maan, geen sterre - net wolke wat alles nog donkerder gemaak het.

Ongeveer 100 meters van bo het hy gegly en geval.  Soos hy val, kan hy net donkerte rondom hom sien en die wind om sy ore hoor suis.  Hy’t geglo sy laaste oombikke het aangebreek, maar soos enige ervare bergklimmer, het hy ‘n veiligheidstou om sy middel gehad en uiteindelik is hy in sy val gestuit deur die tou.  Daar hang hy tussen hemel en aarde en roep uit:  “Here, help my!”  

Asof uit die hemel hoor hy ‘n stem:  “Wat wil jy hê moet ek doen?”

“Red my.”

“Dink jy regtig ek kan jou red?
“Natuurlik kan U, God”

“Sny dan die tou wat jou vashou.”

Doodse stilte het geheers.  Die man het net stywer aan die tou vasgeklou.  

Die volgende dag het die soek- en reddingspan ‘n man gevind wat leweloos aan ‘n tou hang.  Hy was dood as gevolg van blootstelling aan die elemente, maar… hy was slegs 2 voet van die grond.

Wat van jou?  Vertrou jy op die tou, of op God.  Laat gaan.  God het ongelooflike goeie planne vir jou.  Sny die tou en vertrou Hom.

Monday 8 December 2014

Asof jy dit vir My doen



Psalm 25 : 40  En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

Hoe volwasse jy is, sal uitkom in die manier dat jy mense hanteer wat absoluut niks vir jou kan doen nie.  Dis maklik om ons baas ordentlik te behandel, want hy hou die beursie vas en hy kan dalk sorg vir bevordering.  Dis net so maklik om gaaf te wees met die gewilde kinders op skool, want dan is ons deel van daardie gesogte binnekring.   Maar wanneer ons volgens Sy standaarde leef, sal ons goed doen aan almal, selfs die mees onbelangrikstes wat ons pad kruis.  Wanneer jy die skoonmaker of ongewilde persoon bevriend, dit is wanneer God glimlag.  As jy dit aan hulle doen, is dit asof jy dit aan Hom doen.  Sal jy God ooit sleg behandel?

In plaas van verby die sekuriteitswag te stap asof hy nie bestaan nie, groet hom vriendelik.  Spreek hom aan asof hy die CEO van die maatskappy is.  Ons bou God se koninkryk een lewe op ‘n slag.  Betoon liefde daagliks en raak ander se lewens saggies aan.  Demonstreer Jesus se liefde en leef die verlossingsboodskap deur jou dade uit.  Hoe meer jy na ander uitreik, hoe meer gaan dit soos ‘n boemerang na jou terugkom.  En so gaan jy oormatige, Goddelike seën,  beleef.

Sunday 7 December 2014

Die mier en die kontaklens



‘n Ware verhaal deur Josh & Karen Zarandona

Brenda is deur vriende uitgenooi om te gaan rotsklim.  Alhoewel sy bang was, het sy saam met die groep na ‘n allemintige graniet rots vertrek.  Ten spyte van haar vrees, het sy die nodige toerusting aangetrek en die toue stewig vasgevat terwyl sy stadig teen die rots begin uitklim het.  Sy’t tot by ‘n lysie gevorder waar sy so ‘n oomblikkie kon asem skep.  Terwyl sy daar hang, breek die een tou en slaan haar so hard teen haar oog dat haar kontaklens uitval.

Wel, daar hang sy bo ‘n rotslysie, met honderde meters bo en onder haar.  Natuurlik het sy probeer kyk of sy die kontaklens kan sien, maar daar was niks.  Haar sig was erg aangetas en desperaat begin sy bid dat God haar sal help om die lens te vind terwyl sy haarself verder boontoe hys.

Bo gekom, het haar vriende gehelp soek na die lens, hopende dat dit dalk iewers aan haar klere vassit, maar sonder enige sukses.  Mismoedig het sy gaan sit en wag dat die res van die groep tot bo kom.

Op daardie oomblik dink sy aan ‘n teksgedeelte in Die Bybel (Spreuke 15:11 Vir die Here is die doderyk en die onderaardse diepte nie verborge nie, hoeveel minder die gedagtes van mense) en begin bid:  “Here, U sien al hierdie berge.  U ken elke klip en blaar.  Ek glo U weet presies waar my kontaklens is.  Help my asseblief om dit te vind.

Uiteindelik het die groep teen die berg begin afstap.  Onder was daar ‘n ander groep wat gereed gemaak het om na bo te klim.  Een van hulle roep uit:  “Hi julle… het een van julle dalk ‘n kontaklens verloor?”
Kan jy jou indink?  Die enigste rede hoekom die klimmer dit gesien het, was omdat ‘n mier stadig met die lens oor ‘n rots voor hom beweeg het.

Blykbaar was Brenda se pa ‘n spotprent kunstenaar.  Toe sy hom van hierdie wonderwerk vertel, het hy ‘n prentjie geteken van ‘n mier wat ‘n kontaklens dra wat groter as hyself is, met die volgende woorde daarby:  “Here, ek weet nie hoekom U wil hê dat ek hierdie ding moet dra nie.  Ek kan dit nie eet nie;  dis ongelooflik swaar, maar as dit is wat U wil hê, dan sal ek dit dra.”

It would probably do some of us a lot of good to occasionally say,
"God, I don't know why you want me to carry this load. I can see no good in it
and it's awfully heavy. But, if you want me to carry it, I will."
God doesn't call the qualified, He qualifies the called.
GOD is my source of existence and my Savior.
He keeps me functioning each and every day. 

"I can do all things through Christ which strengthens me."
Philipians 4:13

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...