Thursday 29 May 2014

Wen of verloor



Psalm 60 : 14  Met God aan ons kant sal ons oorwin

Wanneer ‘n wedstryd gespeel word of ‘n resies gehardloop word, kan daar gewoonlik net een wenner wees.

Dit beteken nie dat die ander span of deelnemers nie goed genoeg is of nie hard genoeg probeer het nie.  Net dat een op die dag, beter as die ander was;  of dalk net die geleenthede wat daar oor hul pad gekom het, gebruik het.

Moet ‘n mens nou opgee as jy verloor?  Verseker nie.  Vele beroemde wenners het jare lank probeer alvorens hul sukses behaal het.

Om te verloor is nie lekker nie, daarvoor is die meeste van ons te kompeterend, maar jy is nie noodwendig ‘n verloorder as jy dit hierdie keer nie gemaak het nie.

Verloorders isdiegene wat ophou probeer.  Solank jy probeer het jy nog ‘n kans.  Dis vir my so ‘n riem onder die hart om te hoor hoe sportlui hulde bring aan God na hul prestasies en dit is tekenend dat hul wen omdat God aan hul kant is.

Ook jy wan ‘n wenner wees. 

I have not failed.
My success is just postponed.

Wednesday 28 May 2014

Ode vir 'n boer



Joel 1 : 17  Die saad lê verskrompel onder die kluite, die graanskure lê verlate, die skure lê afgebreek, want die koringoes het misluk.
Om ‘n boer te wees, vereis moed, deursettingsvermoë en ‘n groot liefde vir die grond en diere.

As daar nie droogte is nie, dan is daar vloede, of plaasmoorde.  Hoe dit ookal sy, boerdery is beslis iets wat jou nederig hou.

Boerdery vereis verseker ook sterk geloof. Wanneer jy daardie saad saai,hoop jy jou tydsberekening is perfek sodat die reën op die regte tyd sal kom om die saad te laat ontkiem en dat daar uiteindelik ‘n goeie oes sal wees.

Min mense dink seker ooit twee keer wanneer hulle eiers, melk, vleis of vrugte en groete koop aan die boer wat, deur die genade van God, voorsien.  Ons sien nie hoe hulle vroeg opstaan om die diere te versorg of hoeveel bemesting en plaagdoders nodig is om die produk te verskaf nie. Ons sien nie die hartseer as diere slagpale toe moet gaan nie.  En ons salk nooit die vreugde sien oor die geboorte van ‘n lammetjie nie.  Party kinders het dalk nie eens ‘n idee dat melk van ‘n koei af kom nie.

Laat ons hul onthou en bid vir hul veiligheid en dat hul in geloof sal vorhard om te boer sodat ons nie hongersnood hoef te vrees nie.

Tuesday 27 May 2014

Onregverdigheid



Hebreers 6 : 10  God is nie onregverdig nie

Verlede week is daar onderhoude gevoer met van die mynwerkers wat die afgelope 16 weke reeds nie ‘n inkomste verdien a.g.v.’n staking in die bedryf.  Ons sien die massas op die TV en hoor die verskillende argumente en dreigemente, maar ons besef nie dat daar ‘n groot groep is wat wil werk, maar nie kan bekostig om werk toe te gaan nie, omdat hul vermoor kan word. 

 Een en elkeen van hul het hul vrees vir die toekoms uitgespreek  - met goeie rede.  As jy verpligtinge het en jy het nie ‘n inkomste nie, sou jy ook bang wees.

Van die mense het vertel hoe skuildeisers nie na hulle wil luister nie.  Hul vrees elke dag dat dit wat hul op skuld gekoop het teruggeneem kan word.  Meer as ‘n duisend motors is reeds deur die bank teruggeneem.  Dis aardse goed, ons weet, maar dit bly  steeds hartverskeurend dat jare se harde werk verlore gaan,a.g.v. ander se onverantwoordelike optrede.

Daar is vertel van ‘n huiseienaar wat nie na die inkomstelose huurder se pleidooi wou luister nie, maar die deur van sy huis kom verwyder het.  Dit het die vrou en haar kind, wat alleen tuis was omdat haar man deeltyds by ‘n restaurant werk om die pot aan die kook te hou, in vrees gelaat.   

Aan die anderkant van die spektrum is daar besighede wat hul deure moes sluit a.g.v. die gebrek aan besteding.  Dit beteken dat iemand alles wat hy in ‘n besigheid gesit het, verloor en dat werknemers sonder werk en inkomste sit.

Gedurende sulke tye is dit seker maklik om te vra, “Waar is God dan? Hoekom laat Hy dit toe?”  Een man vertel hoe hy elke aand vir ‘n wonderwerk bid – dat die staking beeindig moet word sodat hy weer kan werk.

Wanneer ons toelaat dat vrees ons denke oorheers, verloor ons perspektief.  Fokus op God.  Maak nie saak hoe donker jou situasie is nie, as jy Hom eerste plaas sal Hy uitkoms bring.

Kom ons bid vir hierdie mynwerkers. Op die oomblik is daar geen wenners, net verloorders.

Monday 26 May 2014

The Heavenly Man



Filippense 4 : 13  Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

Paulus kan getuig van teleurstellings en beproewings.  Hy het ‘n nag op die oop see deurgebring, was ‘n skipbreukeling en het vir dae sonder kos gegaan.  Verder is hy vals beskuldig, gemartel en in die tronk gegooi. 

Broer Yun, is ‘n Chinese prediker,wat ook a.g.v. sy geloof in ‘n tronk beland het.  Net soos Paulus het hy nie gekla nie, maar geglo dat dit ‘n geleentheid is om die woord te verkondig.  In sy eie woorde aan diegene wat vir hom gebid het:  “Moenie oor my bekommerd wees nie, ek sal presies so lank hier wees as wat ek hier moet wees.”  Hy is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis, maar God het hom na sewe maande en sewe dae vrygelaat, want sy taak was voltooi en daarom het die tronkdeure oopgegaan.  Lees gerus sy verhaal “The heavenly man”. Sy storie vertel hy om die ware Heilige Man te vereer, Jesus Christus.  In sy woorde:   ”It is not great men who change the world, but weak men in the hands of a great God.

Ons laat onsself so gou onderkry en gaan sit sommer gou in ons hoekie met die eerste teestand wat ons ervaar.   Dink jy dit is omdat Paulus of Broer Yun beter Christene as ek en jy is? Nee, beslis nie.  Al verskil is dat hulle God op Sy Woord geneem het.  Wat jou stryd ook al is, maak Filippense 4 : 13 jou mantra.  “Ek kan, want God gee my die krag.”  As jy negatiewe gedagtes in jou kop herhaal, raak dit jou realiteit.  Genadiglik is die teenoorgestelde ook waar vir positiewe gedagtes.  Binnekort gaan jy terugkyk op hierdie tyd en ook kan getuig van die krag van "The Heavenly Man" in jou lewe.

Sunday 25 May 2014

Rugstekers



Matteus 26 : 15  en gesê:  “Wat sal julle my gee as ek sorg dat Jesus in julle hande kom?” Hulle het hom toe dertig silwermuntstukke betaal.

Die onlangse verkiesings is ‘n goeie voorbeeld van ‘n alledaagse verskynsel, waarteen ons byna immuun geraak het - rugstekery.  Politici het min, indien ooit, iets goed oor hul opponente te sê.  Om die waarheid te sê floreer hul juis op mekaar se swak punte of foute en steek mekaar, sonder om te blik of te bloos, in die rug.

Ongelukkig kan ons nie ons hande in die lug gooi en vra:  “Wat word van die mensdom nie?”, want dit is iets wat al eeue lank met ons is.  Judas is seker die een rugsteker wat ons almal oor wonder.  Jesus was nie ‘n vreemdeling of opponent vir hom nie;  hulle het soveel tyd saam deurgebring, saamgewerk vir dieselfde saak, en tog het hy nie gehuiwer om ‘n geldjie te maak uit ‘n onskuldige man nie.

Ons kan egter by Jesus leer hoe om so ‘n saak te hanteer.   Jesus het homself nooit verdedig nie, hy’t Judas nooit tydens sy ‘verhoor’ as verraaier uitgemaak nie.  Tog het Judas nie skotvry daarvan afgekom nie, want sy skuldgevoelens het te veel geword vir hom en hy’t sy eie lewe geneem nadat diegene wat hom betaal het nie eens die geld wou terugneem nie.

Laat hulle wat jou tenakom gaan.  Ek weet dit is moeilik, want die menslike natuur dwing ons om kwaad met kwaad te vergeeld, maar die wraak kom ons nie toe nie. 

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...