Thursday 22 March 2018

Vriende


Johannes 15:13  Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.

“Don't walk behind me; I may not lead. Don't walk in front of me; I may not follow. Just walk beside me and be my friend…” ~ Albert Camus

Ware vriendskap is skaars.  As jy een opregte vriend teëkom op jou lewenspad, vertroetel daardie vriendskap.  Jy kan baie kennisse hê, maar ware sielsgenote is skaars. 

Die beste raad om ‘n ware vriend te vind, is gewoonlik om ‘n ware viend te wees.

‘n Vriend weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly.  ‘n Vriend kan jou vertroos sonder woorde.  ‘n Vriend is iemand wat daar is in die goeie, maar veral die slegte tye.  Ware vriende huil en lag saam.  Vriende oordeel nie. 

‘n Ware vriend sal jou prys, maar is ook nie skaam om jou te kritiseer nie, want hulle doen dit met liefde en omgee.  ‘n Vriend bemoedig jou en gee nie om as jy 4h00 in die oggend bel vir raad nie, want ‘n vriend is altyd daar.

As jy een opregte vriend het, is jy nie net gelukkig nie… jy is bevoorreg.  As jy daardie vriend is, soveel te beter.

Jesus was so ‘n virend.  Hy sou Sy lewe vir Sy vriende aflê... letterlik.

Watter tipe vriend is jy?

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...