Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy
die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het.
Vader, Seun
en Heilige Gees… ons buig ons hoofde in aanbidding, maar veral uit dankbaarheid
vir die voedsel wat ons nou gaan geniet.
Dankie vir die oorvloed, vir diegene wat dit voorberei het, maar veral
vir U teenwoordigheid op hierdie huweliksonthaal.
Hemelse
Vader ons ontvang soveel uit U hande.
Vandag het u weereens vir ons laat hoor hoe kosbaar die huwelik vir ons
is. Die bruidspaar gaan vandag hul
eerste maaltyd as egpaar geniet. Mag
hulle U altyd onthou met elke maaltyd op die pad wat hul vandag saam begin stap. Hoe bevoorreg is ons nie om dit saam met hul,
hul ouers, grootouers, familie en vriende te geniet nie, Here.
Beide
ouerpare het hul ‘n goeie Christelike opvoeding gegee en daarvoor bedank ons U
ook vandag, Here. Laat U die goue draad
wees wat hul huwelik aanmekaar weef.
Alhoewel ons
weet dat ons niks verdien nie, vra ons enkel en alleen uit genade, dat U met
elkeen sal wees wat vandag hier sit. U
het elkeen hier teenwoordig so lief dat U vir ons sondes aan die kruis gesterf
het. Mag U hand van bewaring oor die bruidspaar, maar ook elke gas hier teenwoordig rus en U hul veilig terugneem na
hul huise.
Seën Heer
die voedsel wat ons nou gaan geniet. Alle
eer aan U God… Amen en Amen.
No comments:
Post a Comment