Habakuk 2 : 3 Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou
kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie
Dit maak nie saak hoe gelowig jy is of hoeveel jy dit
al vantevore gedoen het nie, wag bly ‘n uitdaging.
Ons leef immers in ‘n kits-wêreld wat niks doen om ons
geduld te leer nie. In plaas van ‘n brief
skryf, dit toeplak en gaan pos en dan op ‘n antwoord te wag, het ons eposse,
WhatsApp, Facebook, Skype, ens. Ons
maak ‘n blikkie of pakkie oop of kry kits-kos in plaas van om ‘n behoorlike
aandete te kook. Daar word nie meer oor
en weer gekuier nie, want ons is so voortdurend in kontak dat ons niks meer het
om oor te gesels as ons by mekaar sou uitkom.
Selfs in restaurante sit die mense om die tafel elkeen met hul foon en
speel as om te gesels.
Niks het egter in die geloofswêreld verander nie. God se Woord word dalk nou op ‘n selfoon,
rekenaar of tablet gelees, maar dit is nie op enige manier verkort nie. Sy beloftes is steeds daar, maar Hy
beantwoord gebede nie vinniger nie.
Wanneer ons bid en niks gebeur nie, kan ons maklik
opgee of dink dis nie binne God se wil nie.
Al kom die antwoord nie dadelik nie, beteken dit nie God het nie gehoor
of dat niks gaan gebeur nie. Ek het die
afgelope weke male sonder tal gesien hoe God inderwaarheid in die agtergrond
besig was terwyl ek gedink het niks gebeur nie.
Hou aan bid en hou aan vertrou. God sal vir jou deurkom, wanneer jy dit die
minste verwag.