Thursday, 28 December 2017
Prediker 8 : 17
Toe het ek al die werk van God begryp; die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie.
Wednesday, 27 December 2017
Tuesday, 26 December 2017
Thursday, 21 December 2017
Johannes 1 : 29
“Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
Geseënde Kersfees! Mag hierdie jaar 'n besonderse Christusfees vir u en u familie inhou.
Geseënde Kersfees! Mag hierdie jaar 'n besonderse Christusfees vir u en u familie inhou.
Wednesday, 20 December 2017
Tuesday, 19 December 2017
Hebreërs 11 : 7
Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy die ark gebou om sy huisgesin te red. Sy geloof was 'n veroordeling van die wêreld, maar dit het hom erfgenaam gemaak van die vryspraak wat deur die geloof kom
Monday, 18 December 2017
Kolossense 3 : 17
En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom
Sunday, 17 December 2017
Markus 12 : 24
Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.
Thursday, 14 December 2017
Waar is die liefde van God?
1 Johannes 3 : 17 Wie
aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het
nie – hoe kan die liefde van God in hom wees?
Onlangs stap
ek by ‘n kruidenierswinkel in om gou ‘n paar goedjies te koop. Oor ‘n luidsprekerstelsel weerklink
Kersmusiek en die winkel is feestelik versier met Kersversierings. In skrille kontras
met die feestelikheid en ‘n seisoen wat bekend is vir oordaad, heers daar ‘n
bedeesde stilte onder diegene in die lang rye.
Dit is SASSA dag, die dag waarop staatstoelaes uitbetaal word.
Party het ‘n
mandjie met ‘n paar items, ander nie.
Daar is geen opgehoopte trollies in sig in die rye nie. ‘n Staatstoelaag strek net so ver.
In
winkelsentrums is die atmosfeer byna elektries.
Koopslawe trippel van een winkel na ‘n ander terwyl daar gekoop word asof
die winkels vir die volgende 6 maande gesluit gaan wees. Indien jy nie die finansiële vermoë het om
ook in hierdie ‘feeding frenzie’ te deel nie, raak jy depressief by die
aanskoue daarvan.
Meer en meer
hoor ek van mense wat erken dat hierdie nie hul gunsteling tyd van die jaar is
nie. Elkeen het seker sy of haar eie
rede. Party hou net nie van die geharwar
nie. Ander verlang na geliefdes wat nie
meer by hul is nie.
Of jy daarvan
hou of nie, jy word daarby ingetrek. Die
kerstafel moet oorlaai word en die Kersboom kan nie vereensaam sonder
toegedraaide geskenke nie. Waar is die
liefde van God? Iewers het iets verlore
gegaan.
Soms wens ek,
ek kan die gedwonge feesvierings opsyskuif en eerder ‘n paar minderbevoorregtes
of eensames gaan haal om ‘n tafel met my te deel. Ek glo dat dit is wat God van ons verwag en ek
glo daar sou dankbaarheid en liefde aan so ‘n tafel wees.
Maar nee, ons
knyp oë toe en koop ook maar ‘n luukse en soek sorgvuldig geskenke uit terwyl
ons bid dat die ontvanger nie teleurgesteld sal wees nie.
PS: Tot 12 Januarie sal daag slegs ‘n teks elke
dag gepubliseer word.
Wednesday, 13 December 2017
Geepad!
Efesiërs 4 : 27 Moenie die duiwel vatkans gee nie.
Partykeer gee
ons nie net die duiwel vatkans nie, ons nooi hom sommer in en gee hom ‘n
ereplek in ons lewe.
Te veel mense
leef ‘n lewe waar hul met die minste tevrede is. Hulle laat toe dat vrees lekker diep
wortelskiet in hul daaglikse bestaan.
Vrees is die mees effektiewe wapen wat die vyand kan gebruik om ons mee
terug te hou. Vrees is nie van God
nie. In die Skrif lees ons dat vrees
foltering meebring. Dit ontneem ons van
ons krag om terug te veg… dit verlam ons en ontneem ons van ons vreugde en
veral van die seen van God.
Die goeie nuus
is dat God groter is as enige vrees. Sy
krag in jou is groter as enige krag teen jou.
Maar om in Sy krag te loop, moet jy die deur toemaak vir die vyand. Vrees kan net inkom as jy dit toelaat. Dit is hoekom ons versigtig moet wees na wat
ons luister, wat ons kyk of wat ons lees, of hoor. As jy nie waaksaam is nie, sal vrees jou
oorval deur ‘n storie wat jy hoor, televisiebeelde, koerante of skinderstories. Al wat die vyand nodig het is dat jy wonder
of twyfel, dan is die deur op ‘n skrefie oop en kan hy inglip en amok maak.
Indien jy
toegelaat het dat vrees jou vreugde gesteel het, is daar steeds hoop. Jy kan vandag wegstap as ‘n vry persoon. Maak ‘n keuse om nie meer die deur oop te
maak vir vrees nie. Lees God se Woord…
mediteer op Sy beloftes. Bid… Glo… Ontvang sy waarheid en jy sal volkome vryheid
smaak. Hy sal jou waarlik vrymaak.
Tuesday, 12 December 2017
Uiteindelik!
Esegiël 36 : 26 Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees
gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis
gee
Gedurende ons
leeftyd sal daar ‘n tye kom dat alles nie uitwerk soos ons dit beplan of wou
gehad het nie. Ons sal voel asof ons
onregverdig behandel is. Ons ouers het
miskien nie geleerdheid gehad nie en daarom kon hulle nie vir ons gee wat ons
maats gehad het nie. Ons kon dalk nie
soos ons klasmaats verder gaan leer nie.
Miskien voel ons nou asof die geskiedenis homself gaan herhaal.
Nee! Moenie vir een oomblik die leuen glo wat die
vyand jou probeer wysmaak nie.
Wanneer jy God
as jou Verlosser en Saligmaker aanneem, word alles nuut. Jy kry ‘n nuwehart… die bloedlyn
verander. Jy is nie meer die produk van
jou voorvaders nie; die vloek is gebreek.
Jy is nou ‘n erfgenaam van die Almagtige God. Dit wat Hy vir jou beplan is veel beter as
wat jy ooit kon droom.
Wanneer jy
verstaan wie jy nou is en aan Wie jy behoort, verander alles. Dan word die verlede agtergelaat en stap jy
die toekoms in as kind van die Koning van die Heelal. Dit is nie asof jy skielik beter as almal is
nie, dit is net dat jy uiteindelik jou Godgegewe geestelike doelwit bereik; ‘n doelwit wat jou toegang bied tot die
rykdom van die Allerhoogste.
Monday, 11 December 2017
Dit kom beslis
Habakuk 2 : 3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit
sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou
kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.
Ons ken almal
die frustrasie van wag… wag vir geleenthede, wag vir deurbrake, wag vir die
regte oomblik… Wag, wag, wag… Dit voel of jy jou hele lewe lank wag. God sê:”
Dit kom… dit sal nie uitbly nie.”
In Survivor
het die spanne dikwels ‘puzzles’ wat hulle moet bou. Wanneer dit op ‘n hoop lê, lyk dit chaoties,
maar wanneer die regte stukke op die regte plekke gepas is, klik iets en ‘n
vlag word gehys. Oorwinning! 'n Deurbraak. Net so kan God alles in lyn bring sodat deure vir jou oopgaan waarvan jy maar nog net altyd gedroom het.
Jy probeer al
vir jare lank om iemand te kry om na jou idee te kyk en skielik ontmoet jy
iemand wat net so opgewonde soos jy daaroor is en… die persoon ken die regte
mense om die idee van die grond af te kry. 'n Deurbraak!
Jou motor is
‘n wrak wat jou elke maand ‘n fortuin kos… wanneer alles in plek val kan jy ewe
skielik ‘n nuwe motor bekostig. Oorwinning!
Jou werk
frustreer jou… die roetine is sieldodend… wanneer alles in plek val, bel iemand
jou uit die bloute vir ‘n onderhoud en jy kry die nuwe werk. 'n Deurbraak!
Al wat jy moet
doen is om God eerste te plaas; om Hom
te eer en alles in Sy Naam aan te pak.
Wat ‘n leeftyd
sou neem om te bereik, kan God binne ‘n oogwink bewerkstellig. God kan deure oopmaak wat al vir jare lank
toestaan.
Skielik klik
alles in plek en gebeur dinge. Alles het
‘n bepaalde tyd, en daardie tyd breek aan sodra God die bal aan die rol
sit. Klik, klik, klik
Sunday, 10 December 2017
Om te glo
Hebreërs 11 : 1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge
wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
“Sien is glo”,
is ‘n gesegde wat jy dikwels hoor of… “Ek wil dit eers sien, voor ek dit glo.”
In God se
wêreld werk dinge anders. Ons glo omdat
ons glo, nie omdat ons sien nie. Die
Bybel is as’t ware die geskiedenisboek waar ons leer van God en van Sy
verhouding met die mens oor die eeue heen.
Dit is opgeteken en vir ons is dit min of meer hoorsê. Hoorsê word nie in ‘n hof aanvaar nie, en tog
glo ons omdat die Bybel so sê. Ons het
nie self gesien nie… ons was nie daar nie… ons ken nie eens iemand wat daar was
nie, maar ons glo nietemin. Dit is
geloof.
Volgens die
skrif open geloof deure vir God om te beweeg.
Geloof verskaf God vreugde.
Ons het almal
‘n mate van geloof ontvang. Hoe sterk
daardie geloof word, met tyd, hang van ons af.
Soos wat jy God vertrou en Hom sien deurkom vir jou, kan jy nie anders
as om in geloof te groei nie. Soms word
ons geloof getoets. Soms gebeur die
wonderwerk nie binne die verwagte tyd nie.
Beteken dit God bestaan nie? Nee!
Dit is
verseker nie maklik nie, maar as dit maklik was, sou geloof nie nodig gewees
het nie.
Glo jy dat God
seëninge oor jou kan uistort op hierdie oomblik? Nie?
Hoop jy daarop? Wel solank jy
seker is van dit waarop jy hoop, glo jy.
Neem God
vandag op Sy Woord… op die vele beloftes in Sy Woord. Soos wat Hy vir ander deurgekom het, so kan
Hy ook vir jou deurkom. Wanneer jy
daardie tree in geloof neem, maak jy die deur vir God oop om ongekende seen op
jou te laat neerreën… op elke aspek van jou lewe.
Thursday, 7 December 2017
Sukses
2 Kronieke 31 : 21 In alles wat hy onderneem het ter bevordering van die tempeldiens en die gehoorsaamheid aan wet en gebod, het hy met sy hele hart gevra na die wil van sy God, en daarom was hy voorspoedig
Sukses is nie almal beskore nie. Vele hunker daarna. Sukses word dikwels gesien as die pot goud aan die einde van die reënboog.
In die koerante sien ek vele advertensies met waarborge en beloftes van sukses en dikwels word dit gemeet in geld terme.
Indien jy graag suksesvol wil wees, is vandag se teks vir jou 'n waarborg daartoe.
Hiskia het alles wat hy onderneem het gedoen asof vir God. Hy was gehoorsaam aan die wette en gebooie. Ook het hy gevra na die wil van God en daarom was hy voorspoedig.
Wednesday, 6 December 2017
Moenie op jou eie insigte staat maak nie
Spreuke 3 : 5 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.
Daar is min mense wat gedissiplineerd genoeg is om te bid en dan op 'n antwoord te wag. Ons bid gewoonlik en dan neem ons 'n besluit sodra ons dink ons het God nou gehoor, maar was dit regtig die stem van God.
Vandag se vers sê nie dat jy nie self besluite mag neem nie, maar dit sê wel dat jy nie op jouself moet staatmaak nie.
Ons is en bly feilbare mense wat geen idee het wat God se groter plan vir ons lewe is nie. Daarom bly dit belangrik om nie net op God te vertrou nie, maar inderdaad seker te wees dat jy Sy stem gehoor het.
God praat natuurlik op verskeie maniere met ons. Partykeer gebruik hy mense om ons pad te kruis met 'n antwoord, ander kere laat Hy die Heilige Gees toe om die antwoord in ons harte te plaas. Dan is daar weer kere dat jy jou antwoord in die Woord sal vind of d.m.v. 'n boodskap wat iemand met jou deel.
Waar dit op neerkom, is dat ons so ingestel op God moet wees dat ons eenhonderd persent seker is dat die antwoord van Hom kom.
Monday, 4 December 2017
Waarheen nou?
Spreuke 20 : 24 Die Here bepaal 'n mens se koers; hoe sal 'n mens weet waarheen hy moet gaan?
Hierdie tyd van die jaar is daar vir baie mense groot besluite wat geneem moet word. As jy kinders het, moet jy besluit watter skool hul bywoon. Eenvoudig is sulke besluite nie. Behalwe dat jy net die beste vir jou kinders wil hê, gaan dit ook oor die afstand na die skool, skoolfonds, klere, ens.
Indien jy so pas jou Matriekeksamen afgelê, moet jy nou oor jou toekoms besluit. Gaan jy studeer? Waar? Wil jy eers 'n 'gap' jaar neem? Waarheen? Gaan jy dadelik begin werk? Waar en vir wie?
Met kinders se besluite, moet ouers ook dikwels hul lewens aanpas. Dalk oorweeg jy dit om jou huis te verkoop en na 'n ander area te trek juis as gevolg van jou kind se skool / universiteit.
Of dalk is jou nes nou leeg en moet jy besluit of jy gaan afskaal... see toe trek?
Besluite, besluite, besluite... dit is nie maklik nie. Genadiglik bepaal God ons koers. Ons moet Hom net ken in ons besluite en vra vir wysheid.
Mag jy God se stem duidelik hoor en die regte besluite neem.
Sunday, 3 December 2017
Drank
Spreuke 20 : 1 Wyn maak jou ligsinnig, drank laat jou lawaai maak; niemand wat van dronkenskap slinger is verstandig nie.
Hoe was jou naweek? As jy kan antwoord: "Lekker, uitstekend, heerlik," is jy baie gelukkig.
Ongelukkig is naweke nie vir almal pret nie. Vir baie is dit 'n tyd van intense spanning omdat drank hul geliefdes in besit neem. Behalwe dat dit 'n baie eensame naweek is omdat dit onmoontlik is om 'n sinvolle gesprek met so iemand te voer, raak meeste drinkers ook geweldadig. Drank gee hul moed om te doen en sê wat hul andersins nie die moed voor sou hê nie.
Indien dit jou realiteit is, glo ek dat jou lewe nie aangenaam is nie. Deur egter die gedrag toe te laat, bemagtig jy die persoon. Die feit dat hy/sy hom/haar aan drank vergryp is nie jou skuld nie. Dit beteken egter nie dat jy hul kan toelaat om so voort te gaan nie. Wanneer daar kinders is, is dit selfs meer belangrik om in liefde in te gryp.
Bid dat God jou die wysheid en krag sal gee om te doen wat jy moet doen.
Subscribe to:
Posts (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Hemelse Vader, vandag is my huweliksdag en my hart jubel van vreugde en geluk. Gee dat die vreugde van hierdie dag nooit sal verdof of oms...
-
Psalm 23 : 6 Net goedheid en guns sal my volg, al die dae van my lewe Daar is soveel mense wat geluk najaag, wat wonder wanneer hul ski...