Sunday, 30 December 2018
Thursday, 27 December 2018
Lukas 10 : 41 - 42
"Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie."
Wednesday, 26 December 2018
Nehemia 8 : 11
Gaan vier fees, eet en drink en deel uit aan die wat niks voorberei het nie. Moenie bedroef wees nie, as julle die here met blydskap dien, sal Hy, julle beskerm.
Sunday, 23 December 2018
Matteus 1 : 23
Die maagd sal swanger word! Sy sal aan 'n Seun geboorte gee. En die mense sal Hom Immanuel noem. (Hierdie naam beteken: God is by ons)
Thursday, 20 December 2018
Lukas 17 : 4
Selfs as hy sewe maal op 'n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: "Ek is jammer," moet jy hom vergewe.
Wednesday, 19 December 2018
Matteus 7 : 12
Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen.
Tuesday, 18 December 2018
Monday, 17 December 2018
Hebreërs 10 : 15
Sorg dat daar nie verbittering soos 'n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie.
Friday, 7 December 2018
Ons sal nie buig nie
Daniel 3 : 17 –
18 Ons het ons God vir wie ons dien. Hy
het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u
mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet
u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie
sal aanbid nie.”
Sadrag,
Mesag en Abednego is saam met Daniël gevange gehou in Babilonië. Die Babiloniërs was ‘n veglustige nasie en
het Juda en Israel verslaan. Die volk het reeds 70 jaar in gevangeneskap geleef.
Hulle is daagliks uitgedaag op verskeie maniere.
Koning
Nebukadnesar het nogal bewondering gehad vir hul toegewyde geloof en trots,
maar hy wou hul inlyf by sy volk se kultuur.
Die beste manier sou wees om hul sover te kry om hul geloof prys te gee en saam met die res afgode te aanbid.
So
bevind die volk hul saam met die Babiloniërs en daar word van hul verwag om,
wanneer die musiek begin speel, voor ‘n goue beeld van die koning te buig. Diegene wat nie buig nie, sou in ‘n brandende
oond gegooi word. Wat sou ek of jy
gedoen het?
Die
drie Joodse manne skop egter vas.
Nebukadnesar is selfvoldaan en hy vra:
“As julle nie bid nie, word julle in die oond gegooi en wie sal julle
dan daaruit red.” Dis toe dat die manne
in vers 17 en 18 antwoord. “Ons weet God
kan ons red, maar as Hy dit nie doen nie, sal ons nog steeds nie u god aanbid
nie.” Wow! Dis nou om koelkop te bly as die oond se deur
oopstaan.
Die
uiteinde was dat hul nie voor die beeld gebuig het nie. Hul is in die oond gegooi en vooraf het die
koning gevra dat die oond sewe keer warmer gemaak moet word. Dit was so warm dat die manne wat hul
ingegooi het, verswel is deur die hitte.
Mense,
ek wens ek kon Koning Nebukadnesar se gesig sien toe hy in die oond kyk en sien
die manne wat vasgebind was, loop los rond en wat meer is, daar is ‘n vierde
persoon in die oond!
Dit
is wat God doen as jy glo… nie net sal Hy jou beskerm wanneer jy deur die
smeltkroes van die lewe gaan nie, maar Hy sal saam met jou te midde daarvan
wees. Net soos wat hy in Psalm 23 beloof
om saam met jou deur die dal van doodskaduwee te gaan en jou verseker in Jesaja
43 vers 1 – 2 dat hy saam met ons deur die rivier en vuur sal gaan… dat die
water ons nie sal wegspoel en dat die vuur ons nie sal brand nie… Dit is die God
wat ons dien! Hy sal jou nooit ooit
versaak as jy aan Hom vasklou nie.
Thursday, 6 December 2018
Bid en twyfel gaan nie saam nie
Jakobus 1 : 6 –
8 Maar 'n mens moet gelowig bid en nie
twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die
wind aangejaag en heen en weer gedryf word.
So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen
en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.
As jy
al vir weke en maande lank vir iets gebid het, sonder om God se hand te sien
beweeg, wil ek nog die Christen ontmoet wat nie twyfel nie. Dis nie asof jy wil twyfel nie, maar die een
oomblik glo jy vas en dan gebeur steeds niks… dan wankel jou geloof
weereens. Jakobus vergelyk dit met ‘n
brander. Vorentoe, agtertoe, vorentoe,
agtertoe..
Jakobus
waarsku ons hierteen. Hy sê juis ons
moet bestendig wees. Al manier om
ingestel te bly, is om biddend te bly.
Natuurlik gaan satan twyfel saai, want hy weet presies waar jou
swakpunte is.
Jakobus
raai ons selfs aan om bly te wees wanneer ons deur beproewings gaan. Jitte Jakobus! Ek kan nie meer nie!
Dis juis waarvan hy praat, want hy sê dat as
ons ‘n toets deurstaan het, dit daartoe lei dat ons volhard en deur die
volharding gaan ons uiteindelik ons lewensdoel bereik, geestelik gesond wees en
niks kortkom nie.
Bly biddend
en as jy agterkom jou geloof begin wankel, bid vir wysheid en krag om staande
te bly.
Tuesday, 4 December 2018
God is met jou
Jesaja 41 :
10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou,
moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou
jou vas, met my eie hand red Ek jou.
Is jy
iemand wat teikens moet bereik… in verkope van watter aard ookal? Werk jy jouself oor ‘n mik, maar jy bereik
eenvoudig nie sukses nie? In verkope het
jy vele vaardighede nodig, maar een daarvan is deursettingsvermoë. Jy moet as’t ware daardie hond wees wat nie
die been laat gaan nie. Meeste mense gee
te maklik op.
Ek
lees iets baie interessant. Meer as die
helfte van verkoopsmense misluk omdat hulle nie ‘n tweede of derde keer
teruggaan nie. Omtrent 58 persent maak een
oproep en stop dan. 25 persent maak twee
oproepe en stop dan. Vyftien present maak
drie oproepe en stop dan. Twaalf present
wat weer en weer teruggaan, maak 80 persent van alle verkope uit.
Niemand
staan in die oggend op en wonder hoe hul vandag kan misluk nie. Nee, almal wil sukses behaal. Meeste mense werk 8 ure en jy wil hê dit moet
agt ure wees wat tel. Moenie met
mislukking tevrede wees nie. Staan elke
keer op as jy val en probeer weer. Partykeer
is dit juis daardie laaste sleutel aan die bos wat die deur oopsluit. En onthou God is met jou. Filippense 1 : 6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat
die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op
die dag wanneer Christus Jesus kom.
Net
diegene wat ‘n wedloop voltooi, staan ‘n kans om beloon te word. As jy dit net begin en nie klaarmaak nie, is
daar geen hoop op beloning. Dis nie hoe
jy begin nie, maar hoe jy eindig.
Monday, 3 December 2018
God se guns
2 Korintiërs 6 :
2 Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou
gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit
die regte tyd, nou is dit die dag van redding.
Soms
bid ons en God verhoor ons gebede, maar ons besef dit nie eens nie. Ons bid vir ‘n deurbraak, maar ons glo dit
sal volgende week, volgende maand of 20 jaar van nou kom. Om die een of ander rede verwag ons nie dat
God gebede op die oomblik kan beantwoord nie.
Daarom
wil ek vandag vir jou sê: “Nou is die
tyd vir God se guns. Nie volgende week,
volgende maand of 20 jaar van nou. Nee,
nou is dit tyd wat God jou wil verstom met Sy goedheid en oorweldig met Sy
liefde.”
Iets
ongelooflik is op die punt om te gebeur.
Is jy gereed daarvoor? God wil hê
dat jy weet jy leef in ‘n tyd waar Sy guns op jou rus.
Jy is
alreeds spesiaal omdat Jy gered is deur Jesus Christus. Daarom is Jy ook in ‘n posisie om seëninge en
voordele uit Sy hand te ontvang. Wat
behels dit vra jy? Jy vind dit in Die
Woord: Ewige Lewe, vrede, vreugde, hoop,
gesondheid, voorsiening, beskerming, ens, ens, ens. Sy guns duur ‘n leeftyd en dit sal letterlik ‘n
leeftyd vir jou neem om dit op te gebruik.
Sunday, 2 December 2018
Trots
Jesaja 23:9 Die Here die Almagtige het dit besluit. Hy
breek die trots, Hy maak die hoogmoed tot niks,
Trots
kan ‘n struikelblok wees vir menige gelowige, selfs sonder dat ons dit weet. Trots kan ons verhoed om drie eenvoudige
woordjies te uiter: “Ek is jammer.” Trots kan veroorsaak dat verhoudings en
vriendskappe sneuwel. Trots kan jou
beste, maar ook jou slegste eienskap wees.
Partykeer
gryp God in. Hy laat daardie klein
stemmetjie binne jou, jou aanhits om te gaan regmaak waar jy verbrou het. Natuurlik is jou eerste instink om te
sê: “Ek was nie verkeerd nie… ek
weier.” Jy sien, verskoning gaan nie oor
wie reg of verkeerd is nie. Dit gaan
daaroor om die minste te wees… die ander wang te draai.
Jy
mag dalk nie lus wees om dit te doen nie, maar dis ‘n goeie idee om gehoorsaam
te wees. Nie een van ons wil die Heilige
Gees bedroef deur ons trots of hoogmoed nie.
Tirus
het duidelike tekens van hoogmoed getoon.
Hulle het krone vir konings uitgedeel, handelaars soos prinse ontvang,
hul sakelui is hoog geag onder andere… (Aldus vers 8), en God neem ‘n
besluit. Hy gaan hul breek… daardie
hoogmoed tot niks bring.
Dis
lekker om erkenning te kry… dis lekker om suksesvol te wees, maar ons mag nie
toelaat dat dit definieer wie ons is nie. Nederigheid daarenteen is iets wat God se hart
verheug.
Dalk
is dit ‘n goeie idee om selfondersoek in te stel en seker te maak daar is nie ‘n
gryntjie hoogmoed / trots in jou nie. As
daar is, raak daarvan ontslae.
Subscribe to:
Posts (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Hemelse Vader, vandag is my huweliksdag en my hart jubel van vreugde en geluk. Gee dat die vreugde van hierdie dag nooit sal verdof of oms...
-
Psalm 23 : 6 Net goedheid en guns sal my volg, al die dae van my lewe Daar is soveel mense wat geluk najaag, wat wonder wanneer hul ski...