Tuesday, 4 November 2014

'n Eerbare leefwyse



1 Thessalonicense 4 : 12 Dan sal julle eerbare leefwyse die agting van die mense buite die gemeente afdwing
As ander na jou lewe kyk, wat sien hulle?  Dwing jou daaglikse handel en wandel respek af?  Gelowiges is verteenwoordigers van God op aarde.  Ons behoort volgens ‘n hoër standaard te lewe as nie-gelowiges.  Ons lewe behoort hulde aan God die Vader te bring.  Dis nogal ‘n groot verantwoordelikheid om te aanvaar die oomblik dat jy jouself as ‘n Christen beskou.
Jy sal oplet dat die vers nie verkondig dat jy uit jou pad moet gaan of met vertoon hoef te leef sodat mense jou kan respekteer nie.  Dit verwag ook nie van jou om ‘n Nobelprys te wen om God te verheerlik nie.  Nee, dit behoort natuurlik, sonder enige inspanning, deel van jou alledaagse bestaan te vorm.  Dit beteken jy moet altyd die regte ding doen en versigtig wees met jou woorde, selfs wanneer niemand daar is om jou gedrag waar te neem nie. Jy behoort die gemene deler te wees, die vredemaker, die een by wie ander wil wees omdat daar iets spesiaal uit jou straal.  Jou houding en geloof moet een van nederigheid en dankbaarheid wees.
Onthou dat jy raak soos diegene met wie jy die meeste tyd spandeer.  Dus, as jy meer tyd met God deurbring, sal jy soos Hy word.  Mense sal jou bewonder omdat hulle God in jou sien, nie vir eie eer nie.
As Christen behoort ons ook die diere waaroor God ons aangestel het in ag te neem en nie deel te hê aan Guyfawkes nie.  Laat ons eerder ander ontmoedig om aan hierdie ritueel deel te neem.
Om ‘n CD te bestel of ‘n dagstukkie in MP3 formaat af te laai, besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za

Monday, 3 November 2014

Dit werk! - Deur R H Jarrett (1926)



Filippense 4:6  Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend
Jy beskik oor ‘n uitsonderlike mag… een wat binne jou skuil en wat jy tot nou toe nie ten volle ontgin het nie.  R H Jarrett noem dit “Emmanuel” (God met/in ons).  Dit stel jou in staat om jou wildste drome te bewaarheid. 
Maak jou dus gereed vir ‘n omwenteling.  In stede daarvan dat jy slegs jou wense uitspreek, kan jy dit realiseer.  Tot nou toe het jy dalk net gesê:  “Dit sal darem lekker wees om ook Mauritius toe te gaan.”  Van nou af, gaan jy drie eenvoudige reëls volg en voor jy jou kom kry sit jy in Mauritius… en dis maar net een voorbeeld.
R H Jarret se 3 Positiewe Reëls vir Sukses:
1.            Stel ‘n lysie saam, maar wees spesifiek.   Byvoorbeeld as jy ‘n motor wil hê, watter fabrikaat moet dit wees? Kleur? Prys? Teen watter datum verwag jy dit?  As jy sukses vir jou besigheid verlang, praat syfers.  Dit mag laf voorkom, maar jy kan nie verwag dat jou drome realiseer as jy nie spesifiek is nie.  As jy nie kan besluit nie, is dit nie gereed vir jou lysie nie;
2.            Lees die lysie ten minste drie maal per dag:  soggens, smiddae en saans
3.            Dink soveel as moontlik daaraan
Nou begin jy om met God hieroor te gesels op ‘n daaglikse basis, om jou geloof te versterk.  Aan die begin kan sommige van die items op jou lysie onhaalbaar voorkom, maar skryf hul nietemin neer en hou aan met die proses.  Wanneer nog gedagtes by jou opkom oor iets wat jy graag wil sien gebeur, of items begin afhaal soos hul realiseer, begin die metode beslis werk.
Natuurlik gaan jy met tye skeptiese wees en gedagtes van twyfel jou te binne skiet… haal jou lysie uit en lees dit… oor en oor.  As jy dit gememoriseer het… herhaal dit soos ‘n mantra totdat die twyfel wyk.  Dit help ook om negatiewe mense te vermy.  En… onthou die teksgedeelte hierbo.  As jy radio wil luister, moet jy die radio instel en seker maak hy is op die regte frekwensie.  Net so sal jy moet oefen om jouself in te stel op God se Voorsienigheid.
Moenie in die strik trap dat jy dit as toeval afmaak wanneer jou drome begin realiseer nie.  Wees voorbereid om verras te word… moet dit nie eens probeer verstaan nie… aanvaar dit net  en bedank God onmiddellik, met jou hele hart en siel, vir Sy Bonatuurlike voorsiening en gee vir Hom die krediet daarvoor.  Aanvaar dit met grasie en dankbaarheid.  Sodoende bevestig jy jou onwrikbare vertroue in Hom.
Onthou dat jy gaan ontvang waarmee jy jou gedagtes besig hou… as dit gedagtes van negatiwiteit is, is dit wat oor jou gaan kom.. en net so met positiewe gedagtes.

Om ‘n CD te bestel of ‘n dagstukkie in MP3 formaat af te laai, besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za

Sunday, 2 November 2014

Stof tot stof



Genesis 3:19  net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.”

"A house becomes a home when you can write "I love you" on the furniture." 

I used to spend at least 8 hours every weekend making sure things were just perfect "in case someone came over" Finally I realized one day that no-one came over; they were all out living life and having fun! 

NOW, when people visit, I don't have to explain the "condition" of my home. 

They are more interested in hearing about the things I've been doing while I was away living life and having fun. 

If you haven't figured this out yet, please heed this advice. 

Life is short. Enjoy it! 

Dust if you must....... but wouldn't it be better to paint a picture or write a letter, bake cookies or a cake and lick the spoon or plant a seed, ponder the difference between want and need?! 

Dust if you must, but there's not much time … with rivers to swim and mountains to climb, music to hear and books to read, friends to cherish and life to lead. 

Dust if you must, but the world’s out there with the sun in your eyes, the wind in your hair, a flutter of snow, a shower of rain. 

This day will not come around, again. 

Dust if you must, but bear in mind, old age will come and it's not kind. .. . ..
And when you go - and go you must - you, yourself will make more dust! 

It's not what you gather, but what you scatter that tells what kind of life you have lived ... and remember a layer of dust protects the wood beneath it. 

Author unknown


Om ‘n CD te bestel of ‘n dagstukkie in MP3 formaat af te laai, besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za
Skakel in op www.radiodisa.com 'n internet Radiostasie wat jy op jou selfoon of rekenaar sal vind.  Elke Maandagaand van 18h00 - 20h00 bring ek vir jou o.a. "Memories are made of this", musiek van toeka tot nou.  19h00 Wat sê die Woord?, 19h10 Gedig Voorlesing, 19h15 Spaar of Spandeer en 19h30 Dr Gerhard Kotze met die Aandboodskap.

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...