Sunday, 8 March 2015

Passasiers op die trein van die lewe

Rigters 18 : 6  “Gaan gerus! Die Here is by julle op julle reis.”


At birth we boarded the train and met our parents, and we believe they will always travel at our side. However, at some station our parents will step down from the train, leaving us on this journey alone. As time goes by, other people will board the train; and they will be significant i.e. our siblings, friends, children, and even the love of your life. Many will step down and leave a permanent vacuum. Others will go so unnoticed that we don't realize they vacated their seats. This train ride will be full of joy, sorrow, fantasy, expectations, hellos, goodbyes, and farewells. Success consists of having a good relationship with all passengers requiring that we give the best of ourselves.

The mystery to everyone is: We do not know at which station we ourselves will step down. So, we must live in the best way, love, forgive, and offer the best of who we are. It is important to do this because when the time comes for us to step down and leave our seat empty we should leave behind beautiful memories for those who will continue to travel on the train of life.

I wish you a joyful journey on the train of life. Reap success and give lots of love. More importantly, thank God for the journey.

Lastly, I thank you for being one of the passengers on my train.

(Met dank en erkenning aan 'n kosbare epos vriendin wat my lewensreis elke dag verryk)

Thursday, 5 March 2015

'n Briefie vir jou

I Samuel 1:5  maar aan Hanna het hy ’n dubbele deel gegee; want hy het Hanna liefgehad; maar die HERE het haar moederskoot toegesluit.

Een van die mees aangrypende artikels wat ek nog gelees het, is geskryf deur Wendy Ruth Lopatin.  Die artikel gaan oor ‘n brief wat sy skryf aan die kind wat sy nooit gebaar het nie.  Haar hele lewe lank het sy gesmag na ‘n kindjie.  Sy’t selfs name gereed gehad vir hul:  Ruth as dit ‘n dogtertjie is en Daniel as dit ‘n seuntjie is. 

In haar woorde:  “Life doesn’t always follow one’s chosen course.”  Sy is getroud, maar a.g.v. loopbaan besluite en ook die feit dat hul wou emmigreer, het sy eers op die ouderdom van 31 swanger geraak.  Die huwelik was ongelukkig alreeds wankelend en het nie die miskraam wat sy gehad het, oorleef nie.  Op 38 ontmoet sy haar sielsgenoot, maar hy is geskei en sy dogter woon by haar ma.  Omdat hy nie die skeiding van sy dogter kan hanteer nie, weier hy haar summier die geleentheid om ‘n eie kindjie te hê.  Toe hy uiteindelik versag, is sy reeds in haar middel veertigs en helaas word sy nooit swanger nie.  Haar moederskoot bly leeg, vandaar die aangrypende brief aan die kindjie wat sy nooit kon vashou nie.

Berusting kom eers toe ‘n vriendin haar kind op 29 jarige ouderdom aan die dood afstaan, want skielik besef sy dat sy ten minstenooit haar Ruth of Daniel kan verloor nie, want hul het nooit die lewenslig aanskou nie.

‘n Leë moederskoot moet seker een van die grootste sere wees wat ‘n vrou kan ervaar.  Ons weet nie hoekom God jou dit ontneem nie, maar ek kan jou verseker dat dit nie is omdat hy jou wil seermaak nie.  My gebed vir jou wat ook smag na ‘n kindjie, is dat jy soos Wendy iewers berusting sal vind. 


Wednesday, 4 March 2015

Vergifnis

Psalms 130:4 Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien.

Vergifnis:  ‘n Klein woordjie;  maklik om uit te spreek, maar moeilik om uit te leef. 

Meer as wat nodig is, laat ons toe dat iemand anders se optrede of uitsprake ons vreugde kelder.  Gister het iemand een sin geuiter, wat my hele denke en wese sedert daardie oomblik oorheers het.  Ek kon nie ophou om die woorde oor en oor terug te speel en ontleed nie.  Dit was allesoorheersend, Dwarsdeur die nag het dit my wakkergehou en vanoggend terwyl ek kospakkies voorberei vir my gesin, was dit selfs erger, want toe was ek op die stadium waar ek begin wraakgedagtes koester.  Ek gaan dit doen en dan sal die persoon so voel en dan gaan ek dat sê en my punt bewys.  

Al my gedagtes het gesetel rondom die manier hoe ek daardie persoon wou terugkry en goed op haar plek sit.  Deur middel van die Heilige Gees, het God my egter bewus gemaak van my denke en optrede… dis nie hoe ‘n Christen sulke situasies hanteer nie.  Ek het ook besef dat daardie persoon se een sin my vir hopeloos te lank gehou gevange gehou het.  Dit het beslis nie soveel tyd en aandag verdien nie en die feit dat ek dit toegelaat het, het niks aan die situasie verander nie.  Van die oomblik dat ek besef het my optrede is verkeerd, dat ek haar gaan vryspreek, het ek absolute vryheid ervaar.

Het iemand jou dalk iewers in die verlede tenagekom?  Herkou jy ook steeds daaraan?  Oorheers dit ook jou denke? 

Jesus het nie een enkele keer kwaad met kwaad vergeld nie.  Tot op die laaste oomblik aan die kruis, het Hy nog ‘n sondaar langs hom vrygespreek.  Hy’t in vrede gesterf… dit is volbring. 


Gooi die kettings af en leef ‘n lewe van vergifnis.  

Tuesday, 3 March 2015

Lewensmoeg

Filippense 4 : 13  Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

Lewensmoegheid bekruip en oorval ons wanneer ons dit die minste verwag.  Vandag werk ma en pa in die meeste gevalle om die pot aan die kook te hou (en natuurlik die skoolfonds te bekostig).  Die kers word aan beide kante gebrand.  Enkellopendes het dalk nog meer druk, want hul werk langer ure en daar is net een inkomste vir dieselfde uitgawes.  Dit is ook nie net werksdruk nie, maar soveel ander druk.  

Ons dryf onsself om te presteer om ons werk te behou en dan lei ons verhoudings met die gevolg dat ons dan weer daar moet vure doodslaan.  Dan probeer ons opmaak met geskenke of ‘n wegbreek en ervaar weer finansiële druk of ons het twee of meer werke wat nog meer druk op ons tyd plaas en so kan ons aangaan.  Jy weet self wat alles druk op jou plaas. 

Meer mense besoek deesdae sielkundiges en psigiaters as ooit tevore.  Uitbranding is nie meer ‘n vreemde term nie.  Al meer mense moet van medisinale hulpmiddels gebruik maak, al is dit net Rescue Remedy.  Soms wonder ons hoe ons oorleef.

Realiteit is dat die druk nie gaan minder raak nie, heelwaarskynlik meer.  Ja, jy kan probeer afskaal tot op ‘n punt, maar dan moet jy ook bereid wees om die konsekwensies te dra.  Al waarheid is dat God jou die krag sal gee om jou in staat te stel om kop bo water te hou. 


Here, vandag besef ek dat ek nie op eie krag kan voortstoom nie.  Ek het U daadwerklik nodig in my lewe.  

Monday, 2 March 2015

Al hierdie dinge

Matteus 6:33  Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Onlangs het ek die groot stap geneem om my bestaande voertuig in te ruil op ‘n ander voertuig.  Jy kan nou maar lag, maar ek is ‘n sentimentele mens en raak baie geheg aan my voertuig.  Eerstens omdat sy ‘n gawe uit God se hand is en tweedens omdat ons twee so baie tyd saam deurbring. So om van my voertuig afstand te doen, is nie ‘n maklike besluit nie.  My voertuig is ook ‘n instrument om hierdie blog te bemark d.m.v. ‘n advertensie op die agterruit. 

Elke keer reken ek dit sal die voertuig wees waarmee ek vir die res van my lewe gaan ry wat beteken dat die voertuig uiters goed versorg word, en daarom kom so ‘n besluit nie maklik nie.  Logika moet darem ook inskop wanneer die geleentheid  hom voordoen om die voertuig te vervang, sonder dat dit ‘n arm of ‘n been gaan kos, want ons almal weet dat motor koop nie ‘n goeie belegging is nie. 

Dus word hierdie besluit in oorleg met God gemaak en soos wat Hy belowe in die teks hierbo, kan jy maar begin uitsien, want hy sal voorsien, solank as wat jy jou kant van die ooreenkoms nakom.
So kom ek op die punt wat die transaksie die groen lig kry.  Op pad huis toe pak twyfel my beet.  Wat as ek nie heeltemal binne God se wil optree nie… wat as dit meer my wil is as Sy wil?  Onmiddellik tree ek in gesprek met God:  “Asb Liewe Here, gee my ‘n teken.  As dit regtig binne U wil is, laat ek vandag iewers langs die pad dieselfde motor teëkom.” 

Nou moet ek byvoeg dat die voertuig huidiglik uiters skaars is, met ‘n ellelange waglys.  Hier’s die getuienis.  Op die presiese oomblik dat ek “amen” sê ry daardie spesifieke voertuig, in presies dieselfde kleur wat ek bestel het, reg langs my.”  Praat van ‘n teken.  Ek was so stom geskok dat ek spontaan in ‘n lagbui uitgebars het.  “Ja, Here… U hou daarvan om 'n behoorlike teken te gee .” Daardie voertuig het voorwaar uit die lug geval.  Hy was sekondes tevore nêrens in die verkeer nie en my baan het vinniger gevloei wat gemaak het dat ek daardie voertuig ook nie weer daarna gesien het nie. 

Wat ‘n verstommende God dien ons nie.  Dit gaan nie oor wêreldsgoed of oor besittings nie.  Dit gaan oor ‘n God wat letterlik vir jou ENIGE IETS sal gee wat jy vra.

Dankie dierbare Hemelse Vader vir elke seëning uit U hand.  Ek verdien dit nie eens amper nie, maar ek aanvaar dit met grasie.  My nuwe motor is pragtig en sy ry soos 'n droom.  Ook Sy sal tot eer en verheerliking van U naam aangewend word.

Al hierdie dinge

Matteus 6:33  Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Onlangs het ek die groot stap geneem om my bestaande voertuig in te ruil op ‘n ander voertuig.  Jy kan nou maar lag, maar ek is ‘n sentimentele mens en raak baie geheg aan my voertuig.  Eerstens omdat sy ‘n gawe uit God se hand is en tweedens omdat ons twee so baie tyd saam deurbring.  So om van my voertuig afstand te doen, is nie ‘n maklike besluit nie.  My voertuig is ook ‘n instrument om hierdie blog te bemark d.m.v. ‘n advertensie op my agterruit. 

Elke keer reken ek dit sal die voertuig wees waarmee ek vir die res van my lewe gaan ry wat beteken dat die voertuig uiters goed versorg word, en daarom kom so ‘n besluit nie maklik nie.  Logika moet darem ook inskop wanneer die geleentheid  hom voordoen om die voertuig te vervang, sonder dat dit ‘n arm of ‘n been gaan kos, want ons almal weet dat motor koop nie ‘n goeie belegging is nie. 

Dus word hierdie besluit in oorleg met God gemaak en soos wat Hy belowe in die teks hierbo, kan jy maar begin uitsien, want hy sal voorsien, solank as wat jy jou kant van die ooreenkoms nakom.
So kom ek op die punt wat die transaksie die groen lig kry.  Op pad huis toe pak twyfel my beet.  Wat as ek nie heeltemal binne God se wil optree nie… wat as dit meer my wil is as Sy wil?  Onmiddellik tree ek in gesprek met God:  “Asb Liewe Here, gee my ‘n teken.  As dit regtig binne u wil is, laat ek vandag iewers langs die pad dieselfde motor teëkom.” 

Nou moet ek byvoeg dat die voertuig wat ek beplan om te koop huidiglik uiters skaars is, met ‘n ellelange waglys.  Hier’s die getuienis.  Op die presiese oomblik dat ek “amen” sê ry daardie spesifieke voertuig, in presies dieselfde kleur wat ek bestel het, reg langs my.”  Praat van ‘n teken!  Ek was so stom geskok dat ek spontaan in ‘n lagbui uitgebars het.  “Ja, Here… nou is ek oortuig dis die regte besluit.” Daardie voertuig het voorwaar uit die lug geval.  Hy was sekondes tevore nêrens in die verkeer nie en my baan het vinniger gevloei wat gemaak het dat ek daardie voertuig ook nie weer daarna gesien het nie. 


Wat ‘n verstommende God dien ons nie.  Dit gaan nie oor wêreldsgoed of oor besittings nie.  Dit gaan oor ‘n God wat letterlik vir jou ENIGE IETS sal gee wat jy vra, selfs al is die wêreldsgoed.  Hy hou daarvan om ons te bederf.

Vandag is die herdenking van my geboortedag en wil ek graag ook getuig dat God my elke enkele dag van my lewe gedra, ondersteun en ook soms bederf het.  Ja, ek word ook soms getugtig, seker minder as wat ek verdien, maar dan weet ek ook om die suur saam met die sout te aanvaar, maak die lewe interessant. 

Sunday, 1 March 2015

Ek is BY jou

Jesaja 43 : 2  As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie

Hoekom daar altyd ‘n vlieg in die salf moet wees, weet ek nie, maar dat daar altyd iets sal gebeur om die glimlag van jou gesig te vee, dis ‘n feit.  Nee, dis nie negatiewe denke nie, dis realiteit.  Die lewe bestaan nie net uit vreugde en goeie tye nie.  Een ding waarvan ons seker kan wees, is dat struikelblokke oor ons pad sal kom.

Gelukkig hoef ek en jy nie in vrees te leef nie.  Alhoewel ons weet dat ons nie gevrywaar is teen hartseer of pyn nie, weet ons dit kan ons nie onderkry nie, want God verseker ons in hierdie teks dat Hy deur elke situasie met ons is.  Ek weet nie van jou nie, maar met Hom aan my sy, sien ek vir enige iets kans, selfs daardie spreekwoordelike berg staan nie in my pad nie. 


As jy nou uitsigloos voel in die situasie waarin jy jou bevind, maak hierdie teks joune.  Dikwels staar ons, ons blind teen die omstandighede en sien ons nie vir God reg langs ons nie.  Moenie moedeloos wees nie.  Hy is BY jou… elke oomblik en in elke situasie.

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...