Monday, 16 January 2017

Vra maar

Johannes 15 : 7 As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.

Sunday, 15 January 2017

Jy mag maar die lewe geniet

Prediker 5 : 17 - 18  Ek het ook iets gesien wat goed is: dit is aangenaam om te eet en te drink en die lewe te geniet onder al die geswoeg op hierdie wêreld. Dit kom 'n mens toe vir die hele leeftyd wat God hom skenk.  God gee aan 'n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is 'n gawe van God.

Thursday, 12 January 2017

Ek is veilig

Psalm 27 : 6  Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op 'n rots laat staan

Wednesday, 11 January 2017

Bevry my uit die vangnet

Psalm 31 : 5  Bevry my uit die vangnet wat hulle vir my gestel het, want U is my toevlug.

Tuesday, 10 January 2017

Om apostel te wees

Romeine 1 : 5  Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring.

Monday, 9 January 2017

Gooi af en hardloop

Hebreërs 12 : 1 - 2  Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

Sunday, 8 January 2017

Wat verwag God van my hierdie jaar?

1 Tessalonisense 5 : 16 - 18  Wees altyd bly.  Bid gedurig.  Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...