Eksodus 15 : 11 Wie van die gode is soos U, Here? Wie is soos U, so hoog geëer en heilig? In lofsange word U vereer, Bewerker van wonderdade!
Partykeer dink ek dat ons so kerk-bewus is dat ons van die Herder van die gemeente vergeet. PPK, Protestant, Apostolies, Gereformeerd, Hervormd, Volle Evangelie, Metodiste, Rooms Katoliek, Rhema, Grieks Ortodoks ...
Terwyl ons onder mekaar veg oor of ons vroue as dominees moet toelaat, al dan nie, is daar siele wat verlore gaan. Daar is ‘n storie van iemand wat vir die duiwel gevra het hoe hy mense so maklik laat afdwaal? “Ek hou hulle net besig.”
Vra jouself af of dit waarmee jy jouself besig hou, tot eer van God strek? Het dit ewigheidswaarde? Vereer jy Hom deur jou doen en late? Gee jy Hom eer vir dit wat in jou lewe gebeur? Soms is dit nodig dat ons terugkeer na die basiese dinge...ontslae raak van dit wat ons aandag aftrek van dit wat werklik belangrik behoort te wees.

No comments:
Post a Comment