Prente van die kruisdood kan onmoontlik die verskriklike lyding weergee. Tydens geseling is al Jesus se klere uitgetrek, sy hande is aan ʼn paal bokant sy kop vasgemaak en Hy is geslaan. Die Joodse wet het ʼn beperking op die aantal houe geplaas - veertig. Dit is twyfelagtig of die Romeinse soldate hulle aan hierdie beperking gesteur het. Dit was ʼn kort sweep met verskeie swaar leerrieme. Naby die punte van hierdie rieme is klein loodballetjies of stukkies been ingevleg. Die loodballetjies in die sweep veroorsaak erge kneusings. Die rieme en beentjies skeur die vel. Daar is baie bloed. Bloed uit die doringkroon, bloed uit die spykergate, selfs bloedsweet. Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val (Lukas 22:44).
God het Sy Seun aan hierdie onmenslike ervaring blootgestel om een rede; sodat elke mense verlos kan wees en die Ewige Lewe kan hê. Dink jy nie dis 'n duur genoeg prys nie? Hoe kan 'n mens hierdie 'geskenk' eenkant toe klap of wegstap van dit?
Wednesday, 14 December 2011
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Deuteronomium 11 : 19 “Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap ...
-
Matteus 7 : 5 Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te ha...
No comments:
Post a Comment