Die Bybel begin by die begin… Genesis 1 : 1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep.
As mens staan jy absoluut verstom oor die kleinste besonderheid waarmee die skepping plaasgevind het. Ja, partykeer wonder ons hoekom God nou juis vlieë, muskiette of vlooie moes maak? En tog, elke klein skakeltjie, selfs die byna onsigbare plankton wat ‘n reuse walvis eet, is ‘n legkaartstukkie in die skepping. As een stukkie weg is, is die prentjie onvolmaak
God het nie agterna onthou, oops… Nee. Vers 31 Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed.
Tydens die sondvloed het God wel die mense laat vergaan, maar die aarde en Sy skepping was volmaak. Hy het dit nie oorgemaak nie. Deur Noag en Sy opdrag, het God mens en dier laat voortbestaan.
So jy kan verseker weet jy IS spesiaal. God het jou met groot sorg en perfek, tot in die kleinste besonderheid, geskape en Hy was en is baie tevrede met jou. As enige iemand jou vandag minderwaardig laat voel, onthou dat jy uniek, pragtig en perfek is.
Thursday, 26 January 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Deuteronomium 11 : 19 “Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap ...
-
Deuteronomium 28:54 Selfs die sagste en mees verfynde man by jou sal niks omgee vir sy broer of sy lieflingvrou of sy kind wat nog lewe n...
No comments:
Post a Comment