Matt 6 : 26 Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
Dag na dag swoeg en werk jy, jy maak bymekaar en jy klim die suksesleer. Hoekom? God beloof dan Hy sal sorg.
Dis korrek, maar Hy sê egter nie vir jou om agteroor te sit nie of langs die strand te gaan ontspan nie. God laat immers nie die wurmpie na die voëltjie toe kom nie. Nee, die voëltjie moet uit die nes, in wind en weer en self die wurmpie gaan soek om te eet. Dan sal God sorg dat daar ‘n wurmpie is.
Werk hard, en God sal vir die res sorg.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Deuteronomium 11 : 19 “Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap ...
-
Matteus 7 : 5 Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te ha...
No comments:
Post a Comment