Jakobus 4:8 Nader tot God en Hy sal tot julle nader
Wanneer jy ‘n Christen word, is dit maar net die begin. Daarna moet jy God toelaat om jou te vorm en te brei.
Dis ‘n vennootskap. Elke pragtige glas voorwerp waarna jy kyk, moes eers in ‘n vuuroond ontsettende hitte deurstaan, alvorens dit gevorm kon word tot die pragstuk wat dit nou is.
Terwyl God jou vorm, groei jy nader aan Hom. Dis so ‘n gerusstellende gevoel. Mag dit ook jou versugting wees: "Vorm my vandag, dierbare Vader."
No comments:
Post a Comment