Lukas 7 : 23 En gelukkig is die man wat nie aan My begin twyfel nie.
Hy het vir Petrus geroep in Mattheus 14 : 29: “Kom!” Petrus het uit die skuit geklim en op die water na Jesus toe begin loop. Dit was toe hy sy oë van Jesus weggeneem het dat hy gesink het. God roep jou ook: “Kom!” Gaan jy hom vertrou? Dalk moet jy 'n groot besluit neem waarvoor jy bang is. As jy met God daaroor gepraat het, kan jy Hom maar vertrou.
Dit is wanneer jy twyfel dat jy sink. Hou jou oog op Hom sodat jy nie twyfel nie. Jy kan dit doen.
No comments:
Post a Comment