Filippense 4 : 13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee
Jesus Christus het die dood oorwin en deur Hom is jy ook ‘n oorwinnaar, want Sy Gees leef in jou en daarom hoef
jy werklik niks te vrees nie. Dikwels sug mense dat hulle eenvoudig nie die krag het om verder te gaan nie. Op jou eie het jy nie krag nie, maar Hy gee jou nuwe krag. Hy tel jou op en hy dra jou as jy nie verder kan nie. Hy huil wanneer jy nie meer trane oor het nie. As jy so seer het dat jy nie meer kan bid nie, dan is Hy daar.
Vind gemoedsrus in Rom 8 : 26, waar die Gees vir jou intree wanneer jy nie kan bid nie. Hy sal jou regop hou as jy wil ineenstort, want Hy’s aan jou kant.
No comments:
Post a Comment