God heers oor die mens sowel as die natuur. Hy het alles geskape. Die groot en magtige oseaan, met al sy fasette,
kom ook uit Sy hand. Elke keer dat jy aan die voet van ‘n berg staan en jy kyk na elke klip en randjie of hemelhoë kranse, weet dan dat God dit geskape het. Hoe kan enigiemand in ‘n groot knal glo of enigsins bevraagteken dat Hy die Skepper van die heelal is? Ek hoef nie te verstaan hoe God dit reggekry het om alles in ses dae te maak nie, ek moet bloot glo dat niks by Hom ontmoontlik is nie.
Ek glo dit, want Sy Woord sê so.
No comments:
Post a Comment