In Maleagie 3 : 6 word ons herinner: “Ek, die Here, het nie verander nie” . Te midde van ‘n veranderende wêreld, is Hy steeds dieselfde. Ons behoeftes is steeds dieselfde. As Hy Abraham, Jesaja, Job, Johannes, Petrus en Paulus se gebede verhoor het en hulle deur krisisse gehelp het, kan ons verseker weet dat Hy vandag nog ook daar is vir ons.
Vra God om jou huis toe te lei. Vertel Hom dat jy moeg is, dat jy swak is en dat jy alleen voel. Laat God weet dat jy van Sy krag afhanklik is en Hom smeek om oor te neem. Hy het nog nooit ‘n hulpkreet geignoreer nie. Iemand het eendag gesê: “As jy ver van God voel, raai wie het beweeg?”
Monday, 15 October 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Deuteronomium 11 : 19 “Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap ...
-
Matteus 7 : 5 Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te ha...
No comments:
Post a Comment