Wat veroorsaak dat ‘n onskuldige kind ‘n gewetenlose misdadiger, moordenaar, dief, verkragter word? Is dit gene, geestes welstand, gebroke ouerhuise, gebrek aan liefde, druk van die samelewing, verkeerde vriende of blootstelling aan dwelms? Wat dan die vraag laat ontstaan: “Hoe hou jy jou kind geanker en beskut?”
Markus 10 : 16 Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hul geseën. ‘n Geestelike opvoeding is geen waarborg dat jou kind nie op die verkeerde pad sal beland nie, maar dis beslis ‘n vaste fondament. Waar kan ‘n kind veiliger wees as binne die kring van God se arms?
Om Oscar Pretorius of Anene Booysen se verkragters te veroordeel, berus nie by ons nie. Die polisie ondersoek nog 'n saak, dan het ons hul al klaar skuldig bevind. God ken die volle verhaal. Ons kan wel bid vir Oscar en sy familie, sowel as vir Anene Booysen se familie.
No comments:
Post a Comment