Jesaja 40 : 31 maar dié wat op die
Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en
word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.
Twee paddatjies beland in ‘n kom melk. Hulle besef dat hul gedoem is en sal moet
swem om te oorleef, maar na ‘n rukkie is die een so moeg en hy sê: “Ek kan nie meer nie. Ons gaan verdrink.” Die ander paddatjie moedig hom aan: “Hou net aan, ons sal wel gered word.” Die eerste paddatjie swem, maar na ‘n rukkie
sê hy: “Dis naweek, niemand gaan hier
inkom nie. Ons is gedoem.” Weer bemoedig sy mede-paddatjie hom. “Hou net aan.
Jy kan nie nou opgee nie. Redding
is in sig.” “Nee wat, ek gee op,” kom
dit floutjies van sy paddavriend net voor hy verdrink. Al is die paddatjie geskok oor sy vriend se
verdrinking, besef hy dat hy nou meer as ooit sal moet vasbyt of dit is sy lot
ook en die outjie swem moedig voort.
Waarlikwaar binne ‘n paar minute voel die paddatjie vastigheid onder sy
pootjies. Die melk het botter geword en
hy kan uitklouter. Dalk is jy ook moeg gespartel. Jy voel of jy net nie meer kan nie. Hou moed. God sal jou versterk en jou die krag gee om voort te gaan. Die verskil tussen mense wat suksesvol is en hulle wat nie suksesvol is nie, is dat die een ‘n rukkie langer aangehou het.
No comments:
Post a Comment