Eksodus 33 : 14 Toe het die Here
gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?”
Is daar iemand wat jou vrede steel? Jy staan op met ‘n lied in jou hart, maar
sodra jy hulle sien, sak ‘n swart wolk oor jou.
Dit is asof hulle elke druppel energie uit jou tap. Hulle is negatief… praat kwaad… kla oor
alles… sien net die donker kant van die lewe...
alles en almal anders is verkeerd…
Norman Vincent Peale het gesê:
“Vermy mense wat negatief dink en optree.” Moenie toelaat
dat so iemand jou beinvloed nie. As dit
moet, wys die persoon daarop dat hul uitkyk op die lewe negatief is en dit
moeilik maak vir jou om met hul te assosieer. Kla kom so natuurlik vir party
mense dat hul nie eens agterkom dat hul kla nie en daarom is dit soms nodig om
hul daarop te wys.
Indien jy nie die moed daarvoor het nie, of dalk al
probeer het sonder veel sukses, kan jy altyd vir God vertrou om saam met jou te
gaan en vir jou vrede te gee.
No comments:
Post a Comment