Hebreers 11:1 "om te glo, is om seker te wees van die
dinge wat ons hoop...
om oortuig te wees van die
dinge wat ons nie sien nie..."
Dit is nie maklik
om te glo nie. God kom nie kuier en sit
en praat met jou nie. Jy kan nie ‘n
telefoon optel en Hom skakel of ‘n epos/sms/bbm stuur en ‘n antwoord, op skrif,
terug ontvang nie.
Ons leef in ‘n wêreld
waar dinge vinnig gebeur en daarom verwag ons dat God ook dadelik moet antwoord
of uitkoms gee. Om in ‘n God te glo wat
jy nie kan sien, of mee normaal kommunikeer nie , is moeilik. Sien is immers glo.
Ook die ongelowige Thomas wou eers sy vingers
in die wonde druk voor hy geglo het dat dit Jesus is wat uit die dood opgestaan
het. Iemand wat die dood oorwin, is tog
ongehoord. God verwag dat ons glo ten
spyte daarvan dat ander ons anders probeer oortuig.
Sommige mense kan baie oortuigend wees as hul
God se bestaan bevraagteken. Geloof is
‘n werkwoord. Dit is om te volhard en te
glo ten spyte van, nie ter wille van nie.
No comments:
Post a Comment