Psalm 130 :
4 Maar by U ís daar vergifnis…
Een aand nadat sy oor vergifnis gepreek het, het Corrie
Ten Boom die man herken wat na haar toe aangestap gekom het. Hy was 'n
voormalige wag van Ravensbruck, 'n Nazi gevangeniskamp waar sy gemartel is en
haar suster, Betsie, doodgegaan het. Toe hy haar vra om hom te vergewe, het
Corrie aan Betsie gedink en gevoel dat sy dit net nie kon doen nie.
Tog het sy geweet dat sy moes, anders sou alles
waaroor sy gepreek het 'n klug wees. Sy het gebid: "Here, ek kan my hand
na hom toe uitsteek, ek kan ten minste dit doen, maar U sal die opregte gevoel
by my moet wek." Sy het die man se hand gevat en gevoel hoe God se krag
deur haar vloei en haar in staat stel om opreg te sê: "Ek vergewe jou, my
broer."
Corrie het nooit vantevore God se liefde so intens
ervaar soos op daardie nag nie. Alhoewel sy verskriklik gemartel is, het sy God
toegelaat om haar te genees en toe ook uitgegaan om ander te help.
Die feit is - vergifnis is
die enigste pad na vrede toe!
No comments:
Post a Comment