Matteus 7 :8
want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen
wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.
So dikwels
bid en smeek ons God om ons gebede te verhoor, maar vir ons voel dit asof Hy
ons totaal en al ignoreer. Hoekom antwoord
Hy nie? Hoekom gee Hy my nie wat ek vra,
soos Hy in Sy Woord beloof nie?
As God ons
nie gee wat ons gevra het nie, is dit omdat Hy Homself op ‘n baie beter manier
wil openbaar. Dit wat ons vra gaan nie
genoeg eer aan Hom gee nie. Kom ons vra
Hom eerder om Sy wil aan ons te openbaar.
En hoe kan ons ontvang terwyl ons hande vol is van onnodige goed wat ons
keer om Sy volheid te ontvang?
God will never leave you empty,
He will replace everything you
lost,
If He asks you to put something
down,
It’s because he wants you to
pick up something greater
No comments:
Post a Comment