Habakuk 3 : 17
“Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde
wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou
daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste
wees, “
Om te misluk
beteken nie dat jy ’n mislukking is nie ... dit beteken wel dat jy nog nie
sukses behaal het nie.
Om te misluk
beteken nie dat jy niks bereik het nie ... dit beteken wel dat jy iets geleer
het.
Om te misluk
beteken nie dat jy dom is nie ... dit beteken wel dat jy baie geloof het.
Om te misluk
beteken nie dat jy verneder is nie ... dit beteken wel dat jy bereid was om te
probeer.
Om te misluk
beteken nie dat jy dit nie in jou het nie ... dit beteken wel dat jy dit op ’n
ander manier moet benader.
Om te misluk
beteken nie dat jy onbevoeg is nie ... dit beteken wel dat jy nie perfek is
nie.
Om te misluk
beteken nie dat jy jou hele lewe vermors het nie ... dit beteken wel dat jy ’n
rede het om weer ’n nuwe begin te maak.
Om te misluk
beteken nie dat jy moet moed opgee nie ... dit beteken wel dat jy harder moet
probeer.
Om te misluk
beteken nie dat jy dit nooit sal maak nie ... dit beteken wel dat dit bietjie
langer kan neem.
Nogtans sal ek
jubel…
No comments:
Post a Comment