Psalm 25 : 15 “My oë is altyd op die Here gerig…”
Amy Grant sing so
‘n pragtige lied: Turn your eyes upon
Jesus, look full in his wonderful face, and the things of earth will look
strangely dim, in the light of His glory and grace…
Wat ook al jou
aandag aflei van God, keer jou blik terug op Hom. Uitdagings en probleme het die manier om jou
in die nag wakker te maak en dan lyk hul eers grotesk. Jy rol rond en wonder hoe op dees aarde jy
hul gaan oorkom. Op die ou end spandeer jy
die grootste deel van die nag om planne te beraam, net om uiteindelik deur die
wekker tot die wrede werklikheid teruggeruk te word. Vir jou voel dit of jy nie ‘n oog toegemaak
het nie.
Ek weet dis
makliker gesê as gedaan, maar fokus op God.
Wanneer jy jou oë vasgenael hou op Sy dierbare gesig, sal die probleme
soos mis voor die son verdwyn.
Onthou dat God
nooit verander het nie. Dis steeds
dieselfde God wat destyds die see vir Moses oopgekloof het, wat die leeus se
bekke gesluit het toe Daniel in die leeukuil was, wat vir Abraham en Sarah ‘n
kindjie gegee het op ‘n baie hoë ouderdom, wat die storm stilgemaak het, wat ‘n
skare mense kosgegee het met 5 vissies en twee broodjies, wat die dood oorwin
het. Sy getuigskrif spreek tog
vanself.
No comments:
Post a Comment