Handelinge 22 : 14 Toe sê hy: 'Die God van ons voorvaders het
jou uitgekies om Sy wil te ken, die Regverdige te sien en Sy stem te hoor,
Jy is dalk nog
jonk en voel jy sal eendag jou hart vir die Here gee. Jy wil net eers jou lewe nog so ‘n bietjie
langer geniet.
As jy eers getroud is en
kinders het, dan sal jy jouself bekeer.
Intussen leef jy asof jy doof is vir Sy stem en nog erger, jy ignoreer Sy
roepstem. Dit gaan goed met jou en jy
voel dalk dat jy wonder of dit enigsins nodig is om tot bekering te kom, want
jy kom heel goed op jou eie reg.
Wees
gewaarsku. As Hy Sy oog op jou het, sal Hy alles in Sy vermoë doen om jou van
jou verkeerde weë te laat afsien. God
gaan vir jou omdop.
Is dit werklik nodig dat iets buitengewoon moet gebeur om
jou tot inkeer te bring? Hoekom luister
jy nie net na die stemmetjie binne jou en gee jou lewe aan Hom oor nie? Wat van vandag?
No comments:
Post a Comment