Psalm 112 : 1 Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien,
wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here.
God
verseker jou dat jy jou vreugde in Hom moet vind en al die ander dinge sal vir
jou gegee word. Probeer elke dag so leef
dat daardie vreugde sigbaar is vir ander.
Al gaan dit hoe sleg, sing ‘n loflied tot Sy eer. Glimlag en tel jou kop op.
Al gehoor van die Engelse gesegde: “If you can fake it, you can make it.” Reg of verkeerd, wanneer jy voortdurend
glimlag en sing, gaan jou gemoedstoestand beter wees en ander gaan jou nie
vermy omdat jy met ‘n donderweer gesig rondloop nie.
Jou vreugde moet so tasbaar wees dat ander
jou vra hoe jy dit regkry om ten spyte van jou probleme so sterk te wees? Wys vir mense dat daar niks lekkerder is as
om die Here te dien nie.
No comments:
Post a Comment