Maleagi 2 : 16 Die
Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as
geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie.
Dis hartseer en ontstellend om te sien
hoe maklik huweliksmaats deesdae swig onder die groen gras wat aan die
anderkant van hul huweliksheining groei.
Huweliksbeloftes is nie leë woorde nie,
dis ‘n heilige belofte wat voor God afgelê word. God gaan die verbreking van hierdie beloftes
nie ligtelik opneem nie – Hy haat egskeiding.
Al lyk die probleme in jou huwelik ook
hoe onoorkombaar, vra God om julle te versoen.
Daar is tye dat God egskeiding toelaat, maar egbreuk is nie een daarvan
nie. Wat God saamgevoeg het, mag geen
mens skei nie.
Dalk is jy die derde party in ‘n huwelik. Wil jy nie vir een keer die minste wees en
jou gesteelde geluk tweede stel nie?
Stuur hom / haar terug na hul huweliksmaat. Daardie huwelik staan ‘n kans as jy uit die
prentjie tree.
Die gras is gewoonlik net groener aan
die anderkant omdat dit meer water kry.
Neem jou huweliksbeloftes ernstig op en begin dit water gee sodat
daardie kwynende huweliksplantjie weer kan opstaan en floreer. Die grootste geskenk wat jy jou kinders kan
gee, is om vir hul ma/pa lief te wees, soos jy voor die kansel beloof het.
No comments:
Post a Comment