“…
maak jou mond wyd oop sodat ek dit kan vul…” Psalm 81 : 10 NLV
As jy
gereed is vir God om jou behoeftes en verlangens te bevredig, moet jy jouself
oopmaak vir hom sodat Hy dit kan doen.
Ons sit dalk toemond, met oogklappe op en Hy wil, maar kan nie ons honger
stil nie.
Klein
voëltjies wat honger op die mamma wag se mondjies is wawyd oopgesper in
afwagting. Hulle vertrou dat die mamma
kos sal gaan haal en vir hulle bring. Om
die waarheid te sê, dis wat hulle verwag.
Net so behoort ons ook ons geestelike monde oop te maak in afwagting op
God.
Negatiewe
gedagtes en denke maak jou geestelike mond toe en ontoeganklik vir Hom. Die baba voëltjie gee nie om waar die kos
vandaan kom nie, solank die mamma net kos bring. Hy hou net sy bekkie wawyd oop en skree in
afwagting. Ons kan ook so wag, want ons
weet dalk nie hoe of wanneer God ons te hulp gaan snel nie, maar dit beteken
nie dat Hy nie besig is in die agtergrond nie.
Vertrou op Hom en weet dat Hy jou nooit sal laat omkom van honger
nie. Hy is te lief vir jou.
No comments:
Post a Comment