Psalm 16 : 6 Die meetsnoere
het vir my in lieflike plekke geval
Mense kom en gaan in ‘n mens se lewe, maar
party laat ‘n blywende indruk. Voor ons
verlede jaar deur herstrukturering is, was ons vyf dames wat ‘n hegte band
gesmee het. Ons het nie baie saamgereis
nie, maar die kere wat ons wel saamgereis het, sal my altyd bybly. Ons was ‘n diverse groepie, wat op elke
moontlike manier van mekaar verskil het, maar mekaar leer waardeer het. En… ons het saam 2 herstrukturerings beleef –
‘n smeltkroes wat ons gebind het asof ons verskillende metale was wat
saamgesmelt het.
Uiteindelik sou drie van die vyf slagoffers
van die herstrukturering word, terwyl ‘n vierde bedank het. Vandag moes ek alleen ‘n reis aanpak wat ons vyf voorheen
saam beleef het. Dit het soveel
herinneringe by my opgeroep, en verlange na dit wat was, maar onherroeplik
verander het toe die korporatiewe wiele hul draai gedraai het.
Die wonder is dat ons steeds kontak behou
al is ons nou op afsonderlike eenspoor paadjies. Al verstaan ons dit nie altyd nie, was ook
dit deel van God se groter plan.
Uiteindelik het die meetsnoere vir elkeen op lieflike plekke geval en
ons is elkeen ryker omdat ons mekaar werklik leer ken het.
Waardeer daardie kosbare pêrels wat jou pad kruis. Die lewe verander binne 'n oogwink.
No comments:
Post a Comment