Handeling 4 :
31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle
is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God
verkondig.
Lourens
Geldenhuys van Die Bybelgenootskap vertel hoe hulle onlangs Bybels met ‘n
kamoefleeromslag vir die weermag geskenk het.
Die Bybels was deel van ‘n geskenkpak met o.a. eetgoed, maar hy was
verstom om te sien hoe hulle die eetgoed ignoreer, en eerste die Bybel opneem
en daarin begin lees.
Hierdie
mense was uitgehonger vir die Woord van God.
Honger jy na God se Woord? Ons
woon in ‘n land waar daar algehele godsdiensvryheid is, maar daarin is ook ‘n
gevaar, want ons word oorweldig deur geestelike boodskappe d.m.v. verskeie
media. Dit op sigself is nie verkeerd of
sleg nie, maar ons kan afskakel en nie regtig die boodskap hoor nie omdat die
uit alle rigtings kom en nie meer krag dra nie.
Of die boodskap tot jou gaan deurdring, hang af hoe ingestel jou
geestelike antennae op God is. Laat toe
dat Sy Gees jou vul sodat jy ook met vrymoedigheid oor Homs al getuig. Getuienisse is kragtiger as preke, want hulle
is bewys van God se werking in jou lewe.
No comments:
Post a Comment