Deuternomium
31:8
“Die Here sal
voor jou uitgaan... Hy sal by jou wees... Hy sal jou nie in die
steek laat nie, jou nie verlaat nie... Moenie bang wees nie, moenie skrik
nie...”
Ten spyte van
dit wat jy op hierdie oomblik deurgaan, hoef jy nie vir een oomblik mismoedig
te raak nie, want God is by jou. In
Deuteronomium 31 is daar ‘n hele paar beloftes vasgevang. Wanneer ons in die valleie beland, kan ons
maklik verlate en alleen voel. Ander
mense verstaan dalk nie waardeur jy gaan nie, maar God verstaan. Jy voel asof alles binne jou stukkend is en
asof jy nooit ooit weer vreugde sal ervaar nie, maar God vertroos jou.
Dalk het die
krisis nog nie ‘n hoogtepunt bereik nie, en weet jy die ergste lê nog
voor. Moenie vrees nie, God sal voor jou
uitgaan en die weg baan. En wanneer jy
daardie verlate vlakte oorsteek is Hy reg langs jou. God maak nooit leë beloftes nie.
Eendag sal jy
ook hierop kan terugkyk en sien hoe God jou deurgedra het. Op eie kragte is ons tot niks in staat nie,
maar hy versterk ons en met Sy hulp en genade kan ons enige iets oorkom.
“ Ons hoop
vaagweg, maar ons vrees in fyn besonderhede...” ¬ Paul
Valery
No comments:
Post a Comment