Matteus 15:25 Maar die vrou kom kniel voor Hom en sê: “Here, help
my!”
Nadat die Biggest
Loser deelnemers ses weke by hul eie huise deurgebring het, durf hulle ‘n
marathon aan. Op een stadium hardloop
een van die deelnemers se vriend langs haar.
Sy’s moeg en wil opgee, want daar lê nog 10 km voor. “Moenie op die 10 km fokus nie, fokus net op
die volgende 5 tree. Kan jy nog 5 tree
gee?” Natuurlik kon sy en dit is hoe sy
klaargemaak het - deur net op die
volgende 5 tree te fokus wat vir haar moontlik was. Nie net het sy klaargemaak nie, sy was eerste
en… sy’t ‘n nuwe rekord opgestel!
Partykeer
wil ons ook opgee of ons voel ons het die einde van ons kragte bereik, veral
hier naby die einde van die jaar. Ons is
moeg en ons ‘pyn’ oral. Dalk het jy
buiten werksdruk ook nog finansiële druk… of ‘n motor wat probleme gee… of ‘n
kind wat nie wil leer nie… wat ook al jou beproewing, fokus net op die volgende
5 tree. Jou 5 tree mag dalk net more
wees, iemand anders se 5 tree mag dalk net hierdie week wees…
En
onthou dat jy nie alleen is nie. As jy
voel jy kan nie meer staande bly teen die storms nie, gaan op jou knieë en vra:
“Here help my!”. Tree vir tree
stap Hy saam met jou.
No comments:
Post a Comment