Psalm 121:1-2
"Ek kyk op na die berge:
waarvandaan sal my hulp kom? My hulp kom van die Here wat die hemel en
aarde gemaak het..."
Met die
huidige ekonomiese uitdagings is die lewe beslis nie ‘n piekniek nie. Ons hoor elke dag van mense wat hul werk
verloor. Sommige verloor ook hul motor
of huis. Ja, dis wêreldsgoed, maar jy’t
hard gewerk vir dit en ten spyte van jou harde werk, moet jy uiteindelik die
stryd gewonne gee. Dis nie maklik
nie. Elkeen wat hierdeur gaan sal weet,
dis nie net die verlies aan bates nie, maar die gevoel van mislukking wat jou
onderkry. Waar begin jy? Hoe begin jy van vooraf? Dalk is jy nie meer vandag se kind nie en die
lewe het jou nou hierdie laaste klap gegee.
Jy staan verslae, mismoedig, op moedverloor se vlakte.
Mense gaan jou
nie help nie… net God kan… en Hy sal.
Dieselfde God van die Bybel is ook jou God. Alles gebeur met ‘n doel en jy mag dalk nie
op die oomblik enige doel in hierdie gebeurtenis sien nie, maar God se plan is
altyd ‘n voltooide sirkel.
Rig jou oë op
God en wag op sy leiding.
"Om te volhard is groter as om te
waag... Om die aanslae van die lewe tot breekpunt te verduur; om jou nie
deur klein of groot probleme te laat onderkry nie; om moedig aan te hou as
almal op moedverloor se vlakte sit; om dwarsdeur eindelose intriges onkreukbaar
te bly... DIT eerder as waagmoed, is die essensie van
grootheid..." ¬ William Makepeace Thackeray
No comments:
Post a Comment