Jesaja 50:4
"De Here my God het my geleer om
die regte woorde te gebruik sodat ek die wat moeg is, kan moed inpraat..."
Het jy ook al
gewens jy beskik oor die regte woorde om iemand te bemoedig of te
vertroos? Dis nie altyd maklik om iemand
anders se pyn te verstaan nie en soms is die persoon se lyding so erg dat jy
net eenvoudig nie woorde het om die persoon mee te bemoedig nie.
Vra God altyd
om jou met die regte woorde toe te rus.
Hy alleen ken die volle verhaal.
En Hy kan jou wonderbaarlik gebruik om ‘n persoon se seer te verlig met
‘n sagte word. Soms is woorde nie eens
nodig nie. Wees net daar vir hom/haar.
"soms behaal jy die grootste
oorwinning wanneer jy niks se nie... Maar dan moet Iemand anders praat,
op 'n manier wat heiliger is as menslike woorde..." ¬ Braam Hanekom
No comments:
Post a Comment