Psalm 34:6
"Die wat swaarkry, sien op na Hom
en straal van blydskap... hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting
nie..."
Geld kan nie geluk koop nie. As daar enigsins waarheid in die skindernuus
is, het die ryk en beroemde mense dit glad nie maklik nie. Daarenteen verkyk ek my soggens aan die
vreugde van ‘n koerantverkopertjie. Reën
of sonskyn… hy lag en dans. Die lewe is
vir hom ‘n lied.
‘n Verslaggewer berig nou die dag oor
Orprah Winfrey se skool in Suid-Afrika.
Volgens haar bepaal agtergrond nie of jy sukses sal behaal al dan
nie. Die meisies het dit so pas bewys
toe hul almal geslaag het.
Dis ‘n kwessie van perspektief. Moenie na jou omstandighede kyk nie, kyk liewer na dit wat jou omstandighede jou laat bereik het.
"People are always blaming their
circumstances for what they are... I do not believe in circumstances...
The people who get on in this world are the people who get up and look for the
circumstances they want, and if they can't find them, make them!" ¬
George Bernard Shaw
No comments:
Post a Comment