|
Lukas 5 : 37 “En niemand
gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die
velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen.
Is jy gereed vir ‘n nuwe hoofstuk in jou lewe? Om vorentoe te beweeg, die seëngebied te
betree wat God vir jou berei het, moet jy bereid wees om die verlede agter te
laat. Di twat jy aan vasklou bring jou
immers net hartseer en pyn. Dis tyd
vir voorspoed en vreugde.
Die lewe het jou dalk nie altyd sagkens behandel nie, dinge wat
jy nie altyd verstaan nie, maar dit definieer jou nie. Dis tyd om uit die skaduwees te tree en die
sonskyn baldadig op jou te voel skyn. Somer
in jou lewe het aangebreek. Tyd vir ‘n
nuwe visie, dalk selfs ‘n nuwe haarstyl en klerekas. Herrys uit die as van jou verlede en omhels
die toekoms. Kry jou selfvertroue
terug. Daar is geen rede om
minderwaardig te voel nie. Jou pa is
die Koning van die Heelal!
|
Thursday, 5 December 2013
‘n NUWE SEISOEN
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Hemelse Vader, vandag is my huweliksdag en my hart jubel van vreugde en geluk. Gee dat die vreugde van hierdie dag nooit sal verdof of oms...
-
Psalm 23 : 6 Net goedheid en guns sal my volg, al die dae van my lewe Daar is soveel mense wat geluk najaag, wat wonder wanneer hul ski...
No comments:
Post a Comment