Romeine 10 : 17 Die geloof kom dus deur die
prediking wat 'n mens hoor…
Begeer jy om sterker geloof te hê? Die skrif bevestig dat ons kan groei in die
geloof. Hoor is ‘n werkwoord, nie ‘n
eenmalige aksie nie. Jy moet die
boodskap oor en oor hoor sodat dit kan wortel skiet in jou hart.
Soms kan ‘n boodskap ons binne ‘n oogwink
verander, maar meeste van tyd gebeur dit oor ‘n periode van tyd. Ek het al dele in Die Bybel gelees wat ek baie
goed ken en dan skielik lees ek ‘n teks wat ek oortuig is ek nog nooit voorheen daar was nie. Geestelike
volwassenheid op daardie punt veroorsaak die openbaring. Dis soos om ‘n saadjie op die regte tyd te
saai in goedvoorbereide grond. Plant die
saadjie op die verkeerde tyd of in arm grond en daar gebeur niks.
Net so benodig ons gees ook daaglikse
voeding. Hoe meer vertroud ons met die
skrif raak, hoe beter leer ken ons God en hoe beter ons Hom ken, hoe makliker
raak dit om Hom te vertrou en Hom in alles te ken. Dis geloof!
Laat toe dat die waarheid van die Woord jou
transformeer sodat jy kan leef in afwagting op dit wat God vir jou in gedagte
het.
No comments:
Post a Comment