Psalm 37 : 7 Daarom moet jy in stilte op die
Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van 'n skelm nie.
Sukkel jy om jou drome te verwesentlik?
Is jy gefrustreerd met ‘n verhouding wat net
nie wil stabiliseer nie? Dalk probeer jy
die ander persoon (jou man/vrou, tienerkind, kollega, bure) verander, maar niks
wil werk nie. Jy bedoel dalk goed, maar
hoe meer jy dinge probeer orkestreer, natuurlik ook volgens jou tydrooster, hoe
meer loop dit skeef. Een of ander tyd
moet jy besef dat daar net een oplossing is en dit is om oor te gee en te wag
dat God die nodige skuiwe maak.
Hoe doen mens dit, veral as dit lyk asof
ander se lewens seepglad verloop? Begin
deur ‘n keuse te maak en verklaar dan jou oorgawe. “Vader, ek kies dat U die Meester van my
situasie sal wees. Ek staan terug en ek
vertrou U volkome.” En… dan begin jy Hom
loof. Lofprysing en aanbidding is een
van die beste maniere om jou hart en verstand te herprogrammeer en God te
verseker dat jy in sy vermoëns glo.
Bekommernis, daarenteen, is ‘n teken dat jy beheer wil terugneem.
Behalwe as jy dit geniet om bekommerd te
wees of te sukkel, plaas dit in Sy gewillige hande en raak ontslae van onnodige
druk. Hy sal jou terugslae in welslae
verander.
No comments:
Post a Comment