2 Korintiërs 4 : 16 “Om hierdie rede
word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik
word ons van dag tot dag vernuwe”
Iemand vertel my onlangs dat vriende sê sy
en haar gesin is ‘one-trick-horses’ omdat hulle daarvan hou om elke jaar op
dieselfde plek vakansie te hou.
Dit het my dieper laat kyk na my eie lewe. Ook ek is ‘n ‘one-trick-horse’, want ek hou
van sekere roetines. Is dit
verkeerd? Nie noodwendig nie, want tradisie
is goed vir kinders tydens hul vormingsjare.
Baie van ons sal met liefde terugdink aan
gereelde rituele wat ons ouers gehad het.
As gesin was ons elke Sondag ingeryg in dieselfde volgorde in die kerk…
in dieselfde kerkbank as elke vorige Sondag…
Vader Kersfees het klokslag die aand voor Kersdag jaarliks gearriveer… As gesin
het ons saam om die tafel gesit elke maaltyd en nie geëeet alvorens pa nie
gebid het nie en niemand sou opstaan alvorens pa nie gedank het nie. Dit het ‘n
gevoel van samehorigheid en veiligheid gekweek.
Dit beteken egter nie dat ons nie nog ‘n
toertjie kan aanleer nie. Ek probeer
byvoorbeeld gereeld nuwe resepte en ek probeer verskillende paaie terugry,
veral as ek iewers was waar ek nog nie voorheen was nie.
Ons kan die toertjies in ander dele van ons
lewens toepas en hier kan jy self besluit hoe waagmoedig jy is, maar moenie die
ou ‘tricks’ (tradisies) vergeet nie. Roetine hoef ons nie moedeloos te stem nie.
No comments:
Post a Comment