Genesis 2 : 18 Verder het die
Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom
iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.”
Feëverhale, storieboeke en rolprente laat
ons glo dat twee mense mekaar ontmoet en ten spyte van ‘n opdraend of twee, om
die storie ‘n bietjie meer vleis te gee, die paartjie uiteindelik vir altyd gelukkig
saam voortleef. Daarom is dit heel
verstaanbaar dat ons almal hoop op daardie een spesiale persoon om sy of haar
opwagting te maak met wie ons dan vir die res van ons lewe gelukkig saam sal
wees.
As jy vandag hunker na daardie spesiale
persoon en wonder of hy/sy ooit gaan opdaag, moenie moed verloor nie. En ja, jy moet soms ‘n padda of twee soen voor jy die een vind wat
uiteindelik in ‘n prins of prinses verander.
Dalk het jy onlangs ‘n liefdesteleurstelling
gehad en voel jy verwerp en onaantreklik.
Dis normaal om deur hierdie roufase te gaan, maar jy kan jou kop optel
en die lewe in die oë kyk, want jy verdien geluk – wees net geduldig – roep God
se hulp in.
Partykeer dink ons, ons weet wat ons nodig
het – ons het selfs ‘n lysie waaraan ons toekomstige lewensmaat moet voldoen en
ons voel aangetrokke tot sulke mense, maar dan werk dit nie uit nie. Vergeet van jou lysie. Vra God om DIE EEN aan
jou uit te wys. Hy wil jou gelukkig sien en die persoon wat Hy vir jou
ingedagte het, is perfek.
No comments:
Post a Comment