Spreuke
19 : 21 Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas.
Ten spyte van die mees wel
deurdagte beplanning, vind ons dikwels uit dat die lewe nie juis verloop soos
ons dit beplan het nie.
Net soos jy dink jy het
uiteindelik iets reggekry of jou doelwit bereik, gee die lewe jou ‘n dwarsklap
en spat alles uitmekaar. Soms is dit jou kind wat nie meer verder wil studeer
nie… Partykeer is dit ‘n transaksie wat skeefgeloop het… Miskien het jou lewensmaat jou
verkul… dalk het jy nie die bevordering gekry waarop jy gehoop het nie… of is
jy met ‘n ongeneeslike siekte gediagnoseer… of dalk het jy gehoop op ‘n
verhoging of bonus wat toe nooit materialiseer het nie…
Ek het nie al die antwoorde
vir jou nie, maar ek kan jou verseker dat dit waar jy jou nou bevind nie die
einde van die pad vir jou is nie. God
het groter planne vir jou.
Dis nie altyd maklik om die
stukke op te tel nie… dis ook nie maklik om van voor af te begin nie, maar God
gaan daardie stukkies van jou lewe optel
en die mooiste mosaiek kunswerk daarmee skep.
Hy is die Meester Kunstenaar. Wanneer
ander na die nuwe jy kyk, gaan hul verstom staan hoe God se planne vir jou lewe
perfek in plek geval het.
“Life
is what happens to you while you're busy making other plans.” - John Lennon
No comments:
Post a Comment