Matteus 28 : 6 “Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek uit
die dood, presies soos Hy gesê het.
As ek een van diegene was
wat Hom verhoor, vervolg en gekruisig het, sou ek darem regtig senuweeagtig
gewees het as ek sou hoor Hy het uit die dood opgestaan.
Jesus se opstanding het
egter niks met wraak te doen nie. In
vers 8 lees ons van die ontsaglike blydskap oor die leë graf. En skielik verskyn Jesus voor die vroue en
groet hulle doodnormaal. Die Bybel sê hulle
het na Hom gehardloop en sy voete vasgegryp en Hom aanbid. En Jesus se laaste
versekering: “Julle hoef nie bang te
wees nie.” Omgee-God tot die einde!
Daarmee was Jesus op pad na
Galilea om sy dissipels te ontmoet. Vers 18 God sê toe:
God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. Gaan dan, maak al die nasies my dissipels en
doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan
julle opgedra het. En weet vir
seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan
die einde van die wêreldgeskiedenis.”
No comments:
Post a Comment