Psalm 60 : 14 Met God aan ons kant sal ons oorwin
Wanneer ‘n wedstryd gespeel
word of ‘n resies gehardloop word, kan daar gewoonlik net een wenner wees.
Dit beteken nie dat die
ander span of deelnemers nie goed genoeg is of nie hard genoeg probeer het
nie. Net dat een op die dag, beter as
die ander was; of dalk net die geleenthede
wat daar oor hul pad gekom het, gebruik het.
Moet ‘n mens nou opgee as jy
verloor? Verseker nie. Vele beroemde wenners het jare lank probeer
alvorens hul sukses behaal het.
Om te verloor is nie lekker
nie, daarvoor is die meeste van ons te kompeterend, maar jy is nie noodwendig ‘n
verloorder as jy dit hierdie keer nie gemaak het nie.
Verloorders isdiegene wat
ophou probeer. Solank jy probeer het jy
nog ‘n kans. Dis vir my so ‘n riem onder
die hart om te hoor hoe sportlui hulde bring aan God na hul prestasies en dit
is tekenend dat hul wen omdat God aan hul kant is.
Ook jy wan ‘n wenner
wees.
My success is just postponed.
No comments:
Post a Comment