Markus 13 : 32 Tog ken niemand die presiese datum en tyd wanneer hierdie
dinge sal gebeur nie – ook nie die engele in die hemel of selfs die seun nie.
Hier
staan dit swart op wit in Die Bybel – niemand, selfs nie die Engele of die Seun
(Jesus) weet wanneer Hy weer na die aarde sal kom nie. En tog, soos daar voorspel is, sal daar baie
valse profete wees wat ons sal mislei en laat glo dat die einde van die wêreld
op ‘n spesifieke dag of datum gaan plaasvind.
Wanneer
daardie dag aanbreek sal dit vir Sy kinders ’n heuglike dag wees. Ek dink nie
eens ek het woorde om te beskryf hoe dit vir my sal voel as ek Sy wederkoms
ervaar nie. Markus 32 : 26 En dan sal die mense vir My, die Seun van die
Mens, in geweldige krag en heerlikheid op die wolke sien kom.
Waarmee
sal jy besig wees? Jy gaan Hom hoor
aankom en jy gaan weet Hy’s hier, of jy nou gelowig is of nie. En “there will be no place to hide”, want
vers 26 vervolg: “Dan sal ek my engele uitstuur om my uitverkorenes uit al vier
windstreke bymekaar te maak.
As
ek of jy nie een van daardie uitverkorenes is nie, is die vooruitsigte ‘n
nagmerrie en ewige lyding wat ons, ons nooit eens sal kan voorstel nie – die hel.
Daar
is nog tyd. Kry jou lewe in orde. Wees
gereed vir sy koms.
No comments:
Post a Comment