Psalm
102:18 Hy luister na die gebed van dié
wat alles verloor het, Hy sal hulle gebed nie verag nie.
Itzhak Perlman, was ‘n
wêreldberoemde violis. In 1995 was hy
besig met ‘n uitvoering in die Lincoln saal in New York, toe sy vioolsnaar
skielik breek aan die begin van ‘n uitvoering.
Vir Itzhak was dit ‘n ramp aangesien hy vanweë polio in sy kinderdae,
veel langer as enigiemand anders sou neem om die snaar te vervang en die viool
oor in te stem. Sonder om twee keer te
dink, doen Perlman die ondenkbare, hy besluit om aan te hou speel. Dit was een
van sy roerendste uitvoerings ooit. Na dawerende applous het hy vir sy gehoor
gesê: "You know, sometimes it is the artist's task to find out how much
music you can still make with what you have left."
Wanneer
dinge verkeerd gaan, het ons ‘n keuse om op te gee, of om voort te gaan met dit
wat ons tot ons beskikking het. Dis so
maklik om ‘n slagoffer van omstandighede te speel, maar jou ware kleure kom na
vore wanneer jy deur stormwaters gaan.
Kan jy ten spyte van omstandighede steeds sukses behaal, of gebruik jy
jou omstandighede as verskoning?
Deur
die genade is dit nie ‘n slegte plek om op die naat van jou rug te beland
nie. Dan kan jy net twee dinge doen;
opkyk en bid.
No comments:
Post a Comment