Spreuke 14 : 30
'n Kalm gemoed hou die liggaam gesond…
Indien jy dit nog nie self gesê het nie,
is ek seker jy’t iemand al die woorde hoor gebruik: “Ek is siek van bekommernis.” Die woordjie ‘stress’ is so deel van ons
woordeskat deesdae. En daar is verseker
genoeg rede tot kommer. Jy hoef maar net
na die nuus te luister of ‘n koerant oop te maak. Die lewe is nie maklik nie.
Werknemers bekommer hul oor die sekerheid
van hul inkomste en werkgewers bekommer hul oor die voortbestaan van hul
besigheid. Tussenin is daar nog die
politiek, verhoudings en die ekonomie.
God het nie vir ons bedoel om ‘n lewe van
angstigheid te leef nie. Hy wil hê dat
ons kalm en rustig moet wees sodat ons nie ons liggame skade aandoen nie. Bekommernis is nie goed vir jou gesondheid
nie, dit weet jy self.
Ongelukkig het
nie een van ons ‘n skakelaar wat ons kan afskakel nie. Die enigste manier hoe ons kan kalm en rustig
wees, is om God te vra vir vrede. Vrede
is nie net ‘n gevoel nie, maar ‘n magtige posisie. Wanneer ons hart en gemoed gefokus is op God,
in plaas van op die wêreld en sy probleme, sal ons Sy vrede ervaar. Dit is wanneer ons die toekoms vierkantig in
die oë kan kyk, want ons weet Hy is in beheer.
No comments:
Post a Comment