Psalm 139 :
4 Daar is nog nie 'n woord op my tong
nie of U, Here, weet wat dit gaan wees.
“Liewe Here, wil u nie asb vir my ‘n maat
stuur nie? Hy moet asb nie bles wees
nie, en tog ook nie oorgewig nie… O, en hy moet sobere gewoontes hê en ‘n kind
van U wees…”
Vang
jy jouself ook dat jy bid, maar terselfdertyd vir God voorskryf presies hoe Hy
jou gebede moet beantwoord? Ons is seker
maar almal skuldig daaraan, in ‘n mindere of ‘n meerdere mate.
Ek
en jy bewandel hierdie aarde maar net ‘n paar jaartjies. God het dit nie net geskape nie, maar Hy’t
alles haarfyn beplan. Niks gebeur maar
net toevallig nie.
Die
teks hierbo is vir my ontsettend mooi.
Daarvolgens hoef ek nie vir God enige voorskrifte te gee nie… nog voor
ek dit verwoord het, weet Hy alreeds wat ek wil sê. Dit beteken nou nie dat jy nie hoef te bid
nie. Jy moet nog steeds jou hart met God
deel, maar jy hoef beslis nie vir Hom voor te skryf nie. Uit ervaring weet ek dat my voorskrifte in
elk geval nooit naby dit waarmee Hy te voorskyn kom kan kersvashou nie.
Dien
Hom in jou onskuld en glo onvoorwaardelik, soos ‘n kind, dat Hy in elke
behoefte van jou kan en sal voorsien.
No comments:
Post a Comment